Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Gerald Steyn: Man van vele talente – Binnelanders

Nuus
09 Julie 2021
Besige akteur, maar daar is veel meer aan dié rooikop-akteur.
BB

Dr. Uys Wagener het ’n paar harte aan die fladder sedert hy as trauma-dokter by Binneland Kliniek begin werk het. Gerald Steyn, ook bekend as Pine Pienaar in Getroud met rugby, was vroeër vanjaar in Lioness op M-Net en is van 25 Julie te sien in Reyka, nog ’n M-Net-reeks, te sien. Besige akteur, maar daar is veel meer aan dié rooikop-akteur.

Vertel ons meer van jouself. Waar kom jy vandaan, waar was jy op skool, wat het jy ná skool gedoen en hoe het jy in die vermaakwêreld beland? 
Ek is in Randburg gebore, maar toe is ons vir ’n ruk Muldersdrift toe en toe weer Randburg toe waar ek skool gegaan het. Ek’s toe Bloemfontein toe om B.Com Regte en LLB te swot (op my gatvelle deurgeskuur) en toe kom doen ek my klerkskap weer in Randburg waar ek ook oor naweke dramaklasse begin neem het. Die regswerk was egter glad nie lekker nie en ná ek my toelatingskap voltooi het, het ek kort daarna die praktyk verlaat en ’n kopieskrywer by ’n advertensie-agentskap in Melrose geword. Na ’n jaar en ’n half het ek besluit dis genoeg en het ek myself belowe ek gaan ten minste ’n jaar lank probeer om as vryskut-akteur te werk. Dit was Augustus 2019 en dinge het tot nou toe nog net my verwagtinge oortref.

Van regte tot advertensiewese tot voor die kameras. Wat is dit wat jy die meeste van elkeen van die beroepe geniet en nie van hou nie? 
Met die regte het ek net nooit gevoel ek bring genot nie. Dit was meer ’n ding van verligiting aan ongerief gee. Wat nie vir my lekker was nie want ek wil speel en fiktiewe scenarios verken en ontwikkel. ’n Prokureursfirma is nie die plek vir dit nie. Jy kry te doen met rowwe, aardse probleme. Jy werk potensieel met mense se toekoms, reputasie en geld. Dis ‘n baie onwaardeerde beroep (wat seker ook soms regverdig is as mens na prokureurs se rekeninge kyk) en verg, glo ek, ’n spesifieke temperament. Ek is bly vir hulle wat dit het, maar dit is nie ek nie. Waarvoor ek wel dankbaar is, is dat dit vir my ’n insig gegee het tot mense se natuur as die druk toeneem. Ek’s nie meer ’n blinde optimis nie.

Het rooikoppe meer pret? 
Haha, definitief nie aan die begin nie! Ek dink dit gaan maar oor hoe jy dit hanteer. As jy sterker deur al die grappe kan kom en vir jouself kan lag, dink ek dis ‘n powerful ally. Jy staan outomaties uit en mense wil die heeltyd aan jou vat en vol goud smeer. Kan soms steurend raak, maar ek’t nog net ’n fees op aarde gehad.

Watter eienskappe deel jy en Uys Wagener?
Dit is die naaste aan myself wat ek al ooit gespeel het. Ek het dit al gesê, maar ek voel partykeer as of Mitzi (hoofskrywer van Binnelanders) en die ander skrywers my laat agtervolg het en al hul bevindinge neergeskryf het. Dit maak dit effe moeiliker want soms deal jy self met gevoelens of situasies waarmee die karakter ook worstel en dan voel dit soos ’n vergrootglas op stel. Ek’s ook meer happy-go-lucky, probeer altyd die blink kant insien, is impulsief en hou dalk ’n bietjie te veel van terg en grap.

Het jy navorsing gedoen voor jy die rol van ’n dokter gespeel het?  
’n Vriendin van my is ’n dokter en ons het ’n paar keer gesels net sodat ek die prosedures van ongevalle, en natuurlik al die mediese terme, kan verstaan. Wat die karakter betref, was dit baie na aan myself en nogal voor die handliggend uit die teks, maar verder het ek baie Mel Gibson en Paul Rudd movies gekyk en vir so paar weke Binnelanders ge-binge.

Wat is die een groot rol wat jy nog graag sal wil speel? 
Bennie Griesel of enige soortgelyke down on his luck noir detective. Ek’s eintlik besig met ‘n draaiboek oor so iets, maar… Oh, I’ve said too much.

Wie is jou droom leading lady? 
Het reeds die voorreg. (Knipoog-gesiggie.) Maar wat internasionaal betref, sal ek graag teenoor Emilia Clarke wil speel omdat sy so great sin vir humor het of Olivia Wilde want ek meen daai oë, komaan!

Jy was ook te sien in Trackers, Lioness en Getroud met rugby. Hoe sien jy die toekoms van die TV-bedryf in Suid-Afrika? 
Blink! Die produksiewaarde het soveel verhoog omdat inligting en tegnologie soveel makliker toeganklik is. Ek dink ons is om die draai van groot dinge.

Sal jy graag oorsee wil gaan werk? 
Natuurlik! Groot budgets, meer tyd, hope talent. Sal dit love. Actually besig met aksent klasse op die oomblik so kom ons kyk wat gebeur.

Dit is een van die dae Olimpiese Spele. Is daar ’n sport wat jy nie gaan misloop nie? 
Eerlikwaar het dit my nog nooit aangegryp nie. Maar as ek moet kies, sal ek sê die 800m en vryslag-swem. Gee my eerder ‘n Rugby World Cup.

Wat is jou grootste talent in die kombuis? 
Hang af. Kook ek kaal? Anders is dit lasagne.

Waarheen sal jy graag wil reis wanneer die pandemie eers oor is? 
Snaaks dat jy vra. Het nou die dag op die ingewing van die oomblik vir ’n week se verblyf vir twee in Santorini bespreek.e Het darm 24 maande om die tyd vas te maak. Het ek al gese ek’s impulsief?

Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram en onthou om weeksaande om 19:30 in te skakel vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.