Logo
Die Siener
web uni tv guide

Die Siener

144Realiteitsprogram13

Gerald, 'Die Siener', is terug!

Nuus
31 Augustus 2020
Gerald Burger, die heldersiende wat in die eerste seisoen van Die Siener mense stom gelaat het met sy vermoë om te sien wat ander nie kan nie, is terug vir ‘n tweede seisoen.
Die Siener 1600x640 Billboard (1)

In die tweede seisoen van Die Siener word daar onder meer mense gehelp om met hulle afgestorwe geliefdes kontak te maak, mense word gehelp om vrede met hulle verlede te maak en huise word van negatiewe energie gereinig. ‘n Heel paar bekendes, soos Getroud met Rugby se Fezile Mphela, Boer Soek ‘n Vrou se Damian Engelbrecht en die aktrise Lizz Meiring, is van die gaste wat Gerald onder vier oë gaan sien.

“Die nuwe seisoen van Die Siener beloof om selfs mense wat steeds in Gerald se vermoëns twyfel te verstom,” sê die vervaardiger van die program, Rian van Heerden. “Ons gaan ‘n veskeidenheid mense ontmoet, maar ook sien hoe Gerald se hulp ingeroep word by ‘n hele paar spookhuise en ons fassinerende geskiedenis uitvind waarvan ons nie geweet het nie.”

Hy sê die meeste bekendes wat in die reeks gesien gaan word, was en is maar versigtig. “Ek dink nie iemand is ooit heeltemal seker wat Gerald tydens een van sy sessies gaan optel nie, so ja, nie almal was ewe bereid om op kamera saam met Gerald te verskyn nie,” sê Rian. “Die reaksie op die eerste reeks was oorwegend goed en ek dink die fassinasie kom weens die feit dat ons besef dat daar soveel dinge op hierdie aarde, en die hemele daarbo, is wat ons eenvoudig nie verstaan nie.”

Is daar ‘n program of twee in die nuwe seisoen wat vir hom uitstaan?

“Daar is heelwat, maar die besoek aan die spookplaas in Elandsfontein en Daisy de Melker se huis in Betrams staan veral vir my uit,” sê Rian. “Voor ons kon niemand in daardie huis inkom nie en ja, Gerald het kontak met Daisy gemaak …”

Die tweede seisoen van Die Siener begin op 30 September om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).