Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Geniet die feestyd op die kykNET-kanale

Nuus
18 November 2020
‘n Uitdagende jaar is amper verby – die kykNET-kanale bring ‘n maand van feestelike kykgenot om 2020 op ‘n hoë noot af te sluit.
Untitled design

Posbus 1: Saterdag 5 Desember 20:00 – kykNET (DStv-kanaal 144)
In hierdie Kersfees-fliek word Ben en sy vrou se adres as Kersvader s’n uitgegee. As gevolg van dit, kry hulle duisende briewe. Wanneer sy vrou afsterf, brand hy al die briewe – behalwe vir een.

Die Openbaringe van Ds Tienie Benade: Saterdag 5 Desember 21:30 – kykNET (DStv-kanaal 144)
Ds. Tienie is onder druk. Dis grendeltyd; Covid-19 het sy eerste gemeentelid geëis, die nagmaalwyn het verdwyn en die kerkklok is aanhoudend gelui. Hy besluit om aanlyn te preek.

Christmas in July: Sondag 6 Desember 10:30 – kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)
Vier Kersfees met ballet en musiek. Met internasionale balletsterre soos Adiarys Almeida en Taras Domitro en ikoniese tonele word jy weggevoer na ‘n pragtige Kersfees.

Kersfees en Koortjies met Jonathan Rubain: Vanaf 6 Desember 18:00 – kykNET&kie (DStv-kanaal 145)
As daar nou iemand is wat weet hoe om jou in die gees van Kersfees te kry, is dit Jonathan Rubain en sy band! Ja, Koortjies is terug, en hierdie keer met ‘n Kersfees Special! Daar sal ‘n nuwe episode elke Sondag in Desember om 18:00 uitgesaai word.

Somerkersfees: 12 Desember 20:00 – kykNET (DStv-kanaal 144)
In hierdie Kersfeesfilm ontmoet ons ’n disfunksionele gesin wat op hulle strandvakansie gedwing word om mekaar se foute, verskille, haat en liefde vir mekaar te aanvaar.

The Maestro and The European Pop Orchestra: 16, 23 en 30 Desember 21:00 – kykNET (DStv-kanaal 144)
The Maestro & The European Pop Orchestra is bekend vir groot pop meets classic shows in Europa en reis die wêreld deur as pop orkes. Beleef pragtige musiek in live skouspelagtige vertonings waar Maestro Guido die podium deel met veel bekende kunstenaars.
1
14
16
15
11
13
12
20
18
19
17
4
6
5
3
2
9
10
8
7
Gallery
1

A Boere-Krismis: 19 Desember 20:00 – kykNET (DStv-kanaal 144)
‘n Maltrap Suid-Afrikaanse kersfees komedie. As ‘n finale poging om haar loopbaan as akteur te loods, gebruik Claire haar verloofde se familie as die onderwerp vir haar studente film.

Songs Of Hope: Acoustic From Groote Kerk: 20 Desember 10:30 – kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)
André Schwartz bring hoop en bemoediging met sy roerende vertolkings van liedjies soos I Believe, Amazing Grace, Your Raise Me Up en Music of the Night. Opgeneem in die Groote Kerk.

André In Worship: 20 Desember 11:30 – kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)
Deel saam met André Venter ‘n besonderse aand van lofprysing in die gemak van jou huis.

Liewe Kersfeesvader: 13 Desember 14:30 – kykNET (DStv-kanaal 144); 20 Desember 20:00 – kykNET&kie (DStv-kanaal 145)
’n Skoonheidskoningin word tot kits-volwassenheid gedryf wanneer haar pa ’n nuwe identiteit aanneem: Kersvader. Nonnie moet haar idees van familie, liefde en volwassenheid heroorweeg.

Onder die Sterre: 24 Desember 19:30 – kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)
Jannie Moolman, Zanne Stapelberg, Elvis Blue, Sima Mashazi en die Kaapse Soliste Koor kom saam om ‘n keurspel van kersliedere, asook bekende kontemporêre liedjies van die gees aan te bied.

André Rieu: Christmas In London: 24 Desember 21:30 – kykNET (DStv-kanaal 144); 25 Desember 20:00 – kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)
Saam met fantastiese soliste en sy altyd vreugdevolle Johann Strauss-orkes sorg André Rieu vir 'n fantastiese aand met die mooiste en aangrypendste kersliedere, maar ook met emosionele liedjies soos Leonard Cohen se Hallelujah, The Holy City en die klassieke Concierto de Aranjuez.

Kersfees: Die mooiste verhaal: 24 Desember 21:30 – KykNET Lekker (DStv-kanaal 148)
Die Drakensbergse Seunskoor, Dozi, die Alberton Manne koor en die Black Tie Ensemble sing welbekende Kersfeesliedjies en ons deel ware verhale van geloof, hoop en liefde.

Kyk hoe glinster die maan: 25 Desember 20:30 KykNET Lekker (DStv-kanaal 148)
Elke land vier Kersfees op ‘n ander wyse - Hier by ons, aan die Suidpunt van Afrika, vier ons ‘n sonnige Kersfees met unieke tradisies. Skakel in vir die mooiste Afrikaanse Kersmusiek en ‘n kykie na hoe ons mense Kersfees vier.  

Gospel Skouspel 2018: 26 Desember 20:00 – kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)
Tien van die land se top-gospelkunstenaars deel die verhoog by Gospel Skouspel, insluitende Juanita du Plessis, Riana Nel, Jo Black, Joe Niemand en Retief Burger.

André Rieu: Magic Of Maastricht: 31 Desember 21:30 – kykNET (DStv-kanaal 144); 1 Januarie 20:00 – kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)
Geniet André Rieu en sy Johann Strauss-orkes en 'n aand wat feesteliker is as ooit tevore! Om enkele hoogtepunte te noem: Handel se indrukwekkende Halleluja, gesing deur alle soliste en die koor, Hava Nagilah, Think of Me from The Phantom of the Opera, Ballade pour Adeline, O Sole Mio, gesing deur die Platin Tenors, La Traviata, Highland Cathedral en natuurlik pragtige walse deur Johann Strauss. En as kersie op die koek gaan 'n opvoering van David Hasselhoff, wat saam met André Rieu groot hoogtes bereik met Looking for Freedom, Love Me Tender en Paloma Blanca!

Die volledige Desember-hoogtepunte sal teen 26 November uitgestuur word.