Logo

Gee tyd – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
01 Januarie 2020
Damian se ontmoeting is ’n bietjie anders...
Damian Web

Met al die feestelikhede in Desember, was dit maklik om per ongeluk die nuutste episode van Boer soek ’n vrou mis te loop. Ons sê nie dit is reg nie – maar ons verstaan dat tyd ’n denkbeeldige konsep is na jou derde glas sjampanje. So as jy die boere se eerste ontmoeting met hulle potensiële skoonmense misgeloop het, lees verder vir alles wat jy moet weet.

Boer Damian het verlede week gaan sien hoe Andrew dinge aan sy kant van die wêreld doen. Kykers was effens verward toe hulle hoor dat ons nie Damian se eerste ontmoeting met Andrew se familie gaan sien nie. Die paartjie het verduidelik dat Andrew se seksualiteit maar ook iets nuut vir sy familie was en dit nog ’n sensitiewe onderwerp vir hulle was.

Damian het verstaan dat almal dalk tyd nodig hê om so iets te verstaan en aanvaar. Sy redelikheid was waarskynlik een van die redes waarom Andrew se familie hom gerespekteer het en uiteindelik sy besoek geniet het.

So ver lyk Damian en Andrew heel gemaklik met mekaar – Damian het selfs vir Andrew geterg oor hoe hy altyd gereed is vir ’n #selfie.

Kykers hou van hierdie paartjie en hoop dat hul liefde tot iets meer sal blom.

Skakel in Donderdag om 20:00 om te sien of hulle #LiefdeWen.