Logo
MMF

Gee 120% – Maak My Famous 2

Nuus
29 April 2020
Die eerste twaalf finaliste van die top-48, wat in die eerste episode van die tweede seisoen van Maak My Famous op tree, het gebieg dat hul baie op hul senuwee was vir die eerste oefening saam met hul talentmentors.
LLS_1

Een van die sangers in die Spesialiteit-afdeling, Jayson Kleinschmidt, noem dat dit baie intimiderend was om vir die eerste keer voor mentors, Alistair Izobell en Nur Abrahams, op te tree. Al dié talent erken wel dat hulle ongelooflik baie geleer het by hul mentors. Een van die rymkletsers, Spinnekop sê, “Alles wat ek weet kan ek by die venster uit gooi”.

Van die hoofwenke wat die twaalf finaliste weggeneem het van hul mentors af, kan enige vermaaklikheidsster toepas op hul eie optredes:

  • ‘n Glimlag maak die hele verhoog skitter
  • Vergeet van jou senuwees
  • Dit is harde werk as jy êrens wil kom
  • Maak oogkontak met die gehoor, hulle het betaal om jou te kom sien
  • Maak jou optrede jou eie, dit moenie voel asof jy iemand anders se liedjie sing nie
  • Haal asem
  • Fokus om jou alles te gee, gee 120% elke keer

Dit is duidelik dat elkeen van hierdie twaalf finaliste 120% gegee het in hul optrede. Die gehoor, mentors, asook aanbieders Emo Adams en Tarryn Lamb was weggeslaan met die magdom talent onder een dak.

As die seisoen op so ‘n hoogtepunt begin het, kan ons nie wag om die volgende finaliste van die top-48 te ontmoet nie.

Loer hier na waarvoor jy kan uitsien in episode twee:

Maak My Famous saai uit elke Woensdag om 20:00 op kykNET en 21:00 op kykNET & kie.

Kom gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hustmerke #MMF en #MaakMyFamous te gebruik.