Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

Gaan Portugees – In Die Sop

Nuus
16 Mei 2021
Bertus het hierdie week vir Sam en Jacques gehelp om hulle restaurant 100% Portugees te maak. Die vraag is egter, wat behels opregte Potugese kos?
Screenshot 2021 05 16 at 13

Portugese kos is baie meer as net peri-peri-hoender en ‘prego rolls’. Ons het dus meer gaan uitvind oor die tradisionele disse van hierdie land.

Caldo Verde

Caldo Verde is ’n Portugese sop wat baie gewild is tydens winter. Die belangrikste bestanddeel in dié dis is ’n tipe kool wat nie baie algemeen is buite die land se grense nie. Die sop bevat ook aartappelpuree, chouriço en olyf olie.

Bacalhau à brás

Indien jy Portugese kos wil verken is seekos noodsaaklik! Bacalhau à brás is ’n roereier-dis wat voorberei word met kabeljouvis. Die roereier word dan ook gemeng met aartappels, uie, knoffel, olywe en pietersielie.

Bifanas

Prego-rolle is nie die enigste gewilde toebroodjie in Portugal nie! ’n Tradisonele Bifana word gemaak met varkvleis wat gemarineer is in paprika, knoffel en wit wyn. Die vleis word dan bedien op ’n krakerige witbroodjie. Eiers, spek en tamatie kan ook bygevoeg word.

Polvo à la Lagareiro

Dié eenvoudige seekat-gereg word voorberei met baie olyf olie. Die vleis word gekook en dan gebak voordat dit bedien word saam met aartappels wat gekook of ‘mashed’ is. Koriander en knoffel word ook bygevoeg om meer smaak aan die dis te gee.

Pastel de nata

Hierdie geliefde nagereg is ’n klein eiertert wat soet en baie romerig is. Die resep bevat meel, botter, eiers, kaneel en suiker. Die tert word in ’n baie warm oond gebak totdat die deeg krakerig is en word algemeen geniet met ’n sterk koppie koffie.

Gesels saam deur die hutsmerk, #InDieSop te gebruik op FacebookTwitter en Instagram!