Logo
MMF

G.Notez ná sy Maak My Famous-reis: ‘Dié is net die begin’

Nuus
24 Augustus 2020
Lees meer.
LIGHT LOUNGE STUDIO 65 (2)

Die Maak My Famous-deelnemers het hierdie week kykers vermaak met hul gunsteling Afrikaanse liedjies – en hulle het omtrent alles gebring!

Die gas-beoordelaar wat vir Emo Adams help beoordeel het, was die gewilde Afrikaanse sanger Leah. Leah was so meegevoer met die pragtige weergawes van Afrikaanse liedjies dat sy soms nie woorde gehad het nie!

En die musikant en sanger Pedro Kruger het hand bygesit om die deelnemers te help met hul optredes.

Maar soos enige ander kompetisie moet daar altyd iemand huistoe gestuur word. En kykers het hierdie week besluit dat dit Gideon Lottering, oftewel G.Notez, se beurt is om die kompetisie te verlaat. Maar dis nie die laaste keer wat ons dié talentvolle sanger sal sien nie.

Gideon, wat oorspronklik van George is, sê daar is nog baie wat vir hom voorlê!

“Dit is die begin van baie groot dinge vir my. Dit was nog altyd ’n droom wat vir so ’n lank tydperk al aangekom het en ek is dankbaar vir God wat dit vir my dit moontlik gemaak het. Van hier kan julle defnitief oorspronklike musiek van my verwag, waar ek my ‘life story’ sal vertel deur sang en musiek,” sê Gideon.

Die 34-jarige sanger sê een van die belangrikste lesse wat hy geleer het, is om altyd 150% gereed te wees.

“Sodra jy op daai verhoog stap is elke sekonde waardevol. Jy moet altyd jou beste gee en hard werk sodat jy ’n beter weergawe van jouself kan wees as wat jy die vorige dag was.”

“Dit was rêrig vir my ’n ‘once in a lifetime experience’ om met Emo te werk. Hy is 100% ‘real’ en hy ‘push’ jou tot by jou ‘limits’. Pedro was ook rêrig iets anders, dit was my eerste keer dat ek met iemand kon werk wat al solank in die Afrikaanse musiekbedryf is. Hy het seker gemaak dat ons ‘connect’ met die ‘​songs’ en die storie vertel. Ek sal enige tyd weer met hulle almal wil werk,” sluit Gideon af.

Die volgende deelnemers het deurgedring na die TOP-8:

Die Wesso’s van George
Spinksie van Port Elizabeth
Nicoleen Saal van Kaapstad
Daylin Sass van Kaapstad
Henrico Coetzer van Pretoria
Jayson Kleinschmidt van Paarl
DfeatSA van Kaapstad
Reggie B van Rawsonville

Skakel elke Saterdag om 20:00 op kykNET, DStv kanaal 144 of 145, in om nog meer aksie te sien! En moenie vergeet nie, jy stem vir wie huistoe gaan en nie jou gunsteling-deelnemer nie.