Logo

Fredi Nest verloor sy stryd teen kanker

Nuus
03 Julie 2015
Die sanger Fredi Nest is vandag ná ’n kort stryd teen kanker oorlede.
FrediNest
Die sanger Fredi Nest (56) is vandag ná ’n kort stryd teen kanker oorlede. Sy lewensmaat, Sylvia, het die nuus bevestig.

Nest is in Mei vanjaar met ’n breingewas gediagnoseer, waarna hy met behandeling in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria begin het. Die kanker het egter na die res van sy liggaam versprei.

Nest het sedert 1995 ’n totaal van 14 albums en 1 DVD opgeneem wat titels soos Sê my, Hey DJ, Kom kry vir jou, Vrystaat limousine en die meer onlangse The Deperado (saam met Esmeralda) en Fredi Nest sing John Denver insluit.