Logo

Francois van Coke word pa!

Nuus
30 Junie 2016
Die solokunstenaar en voorsanger van die Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar Francois van Coke en sy vrou, Lauren, het uitstekende nuus om te deel. Lees meer hier!
Francois van Coke
Die solokunstenaar en voorsanger van die Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar Francois van Coke en sy vrou, Lauren, het uitstekende nuus om te deel:

“Ek en Lauren is baie opgewonde om ouers te word van ’n dogtertjie! Sy kom in November en ons kan nie wag nie,” sê Francois.

Francois en Lauren het besluit om naas hierdie verklaring geen verdere onderhoude oor die swangerskap toe te staan nie.

Daarenteen gesels Francois graag oor sy musiekprojekte wat sy tweede solo-album en Fokofpolisiekar se Swanesangtoer en -plaat insluit.

Besoek gerus Francois se webblad, volg hom of Twitter en Instagram of gaan na sy Facebook-blad vir meer inligting.