Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

Francois Jacobs se soektog na liefde skop binnekort af – Op my Eish!

Nuus
17 Maart 2022
Skakel vanaf Donderdag 14 April 20:00 op kykNET (DStv-kanaal) in vir die tweede seisoen van Op my eish!.
Op my eish! – Presser

Gaan die sjarmante Francois Jacobs liefde in die nuwe seisoen van Op my eish! vind? Kykers kan vanaf Donderdag 14 April 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel wanneer Francois se soektog na liefde begin.

In November 2021 het dames die geleentheid gehad om in te skryf, met die hoop om Francois se oog te vang. Uit al die menigte inskrywings wat hy ontvang het, moes Francois 15 dames kies wat hy beter wil leer ken.

En nou, vir die volgende 13 episodes gaan hy die geleentheid kry om dit te doen. Die dames gaan uitvind presies hoe avontuurlustig Francois is, met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite, insluitende kanovaarte, motorfietsritte en rekspronge van ’n brug af wat beplan word. Tussendeur gaan daar genoeg tyd wees vir hom om alleentyd met elk van die dames te spandeer.

Dit is egter nie net maanskyn en rose om na liefde te soek nie – Francois moet deurgaans die moeilike besluit maak van watter dame hy volgende huis toe moet stuur. Gelukkig is Francois se wingman, die akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, die hele tyd daar om hom deur die proses by te staan.

Die reeks is in en rondom Francois se tuisdorp, Mbombela (voorheen bekend as Nelspruit) verfilm. “Een van die ons grootste uitdagings was die hitte en humiditeit in die Laeveld,” sê Gideon Eksteen, uitvoerende vervaardiger by Wakanda Media, die produksiehuis wat die reeks vervaardig. “Dít, saam met die fisiese aktiwiteite, het dit ’n uitdaging nie net vir die produksiespan gemaak nie, maar ook die vroue wat die heeltyd gesê het: ‘Dis so tough, maar so lekker’.”

Net soos in die eerste seisoen van Op my eish! kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – vir beter realiteitstelevisie kon kykers nie gevra het nie!

Skakel vanaf Donderdag 14 April 20:00 op kykNET (DStv-kanaal) in vir die tweede seisoen van Op my eish!. Die reeks sal ook op DStv Catchup beskikbaar wees.