Ons hou lekker fliekpieknieks hier by die ABSA KKNK. Onder 'n vars Karoo sterrehemel, kan feesgangers na van hulle gunsteling plaaslike Afrikaanse films kom kyk. Gisteraand het ons Khumba, asook die eksklusiewe eerste vertoning van die nuwe film, Hollywood in my Huis, geniet.
Vanaand kan feesgangers na Faan se Trein asook MooiRivier kom kyk.
Die vertonings word op Langenhoven Gimnasium se sportvelde gehou en die hekke open om 18:00.
Daar sal heerlike piekniek-boksies, wat ons Kokkedore voorberei het, verkoop word, asook lekker popcorn en ander versnapperinge.
Vrydagaand is 'n groot fliekaand. Feesgangers sal die geleentheid kry om na die eerste eksklusiewe vertoning van die nuwe Jans Rautenbach film, Abraham, te kyk.
Hier is 'n paar fotos wat ons by gisteraand se vertoning geneem het.