Logo

Flieks op kykNET in Maart

Nuus
03 Maart 2015
Van SA se topflieks die afgelope jaar of twee word in Maart op kykNET uitgesaai, insluitende As jy Sing en Faan se Trein.
bom_lienselankstaan

Van SA se topflieks die afgelope jaar of twee word in Maart op kykNET uitgesaai, insluitende As jy Sing en Faan se Trein.










Saterdag 7 Maart 2015 om 21:3 – Musiek vir die Agtergrond


34 maxresdefault1


’n Talentvolle en ambisieuse jong musikant besluit om homself oor te teken aan ’n vervaardiger van popmusiek wanneer sy meisie onverwags swanger word. Sy talent as gerespekteerde liedjie skrywer en musikant word misbruik om oppervlakkige, kommersiële musiek te maak. Sal die paartjie se liefde die artistiese kompromie wat hy ter wille van haar en die baba moet maak, oorleef?

Met John-Henry Opperman, Lizelle de Klerk, Brümilda van Rensburg, Ian Roberts, Terence Bridgett, Neil Sandilands. Regisseur Salmon de Jager. 2013




Saterdag 14 Maart 2015 om 21:30 – As jy sing


34 as jy sing sarierz 630w 1


‘n Konvensionele musiek onnie lewe vir sy sanggroep wat bestaan uit die verstotelinge van hulle sport-mal skool. Omstandighede forseer die Bekfluitjies om te baklei vir waarin hulle glo, musiek, want, as hulle sing, maak die lewe net meer sin!

Met Bobby van Jaarsveld, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Katlego Maboe, Robbie Wessels, Hanna Grobler, Georic Lomas, Franja du Plessis, Chanell van den Bergh, San-Marié Nel, Tiaan Kelderman, Hendri Myburg, Solomon Cupido, Naas Botha. Regisseur André Odendaal. 2013




Saterdag 21 Maart 2015 om 21:30 – Faan se Trein



34 faansetrein1


’n Man se onskuld. ’n Dorp se onreg.

In die laat vyftiger jare, ‘n eenvoudige middeljarige man op ‘n klein Karoo dorpie het nooit die onskuld en eenvoud van ‘n jong kind verby ontwikkel. Wanneer sy pa sterf, los hy al sy besittings om verdeel te word tussen Faan en die kerk. Onmiddelik verskeur gierigheid die gemeenskap—todat liefde hulle weer tot hulle sinne bring. ‘n Ikoniese verhaal wat jou laat glimlag terwyl jy ‘n traan wegvee.

Met Willie Esterhuizen, Deon Lotz, Marius Weyers, Nicola Hanekom, Anel Alexander, Cobus Rossouw, AJ van der Merwe. Regisseur Koos Roets. 2014




Saterdag 28 Maart 2015 om 21:30 – Lien se Lankstaanskoene


34 bom lienselankstaan


Lien is die oudste kind in 'n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot brandarm verander het. Die besorgheid van 'n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Met Carmen Pretorius, Franci Swanepoel, Tiaan Kelderman, Elize Cawood, Marie Penz. Regisseur André Odendaal. 2014