Logo

Fiëstas 2016: En die wenners is…

Nuus
19 Februarie 2016
Die wenners van vanjaar se Fiëstas is Donderdagaand by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria bekend gemaak.
FiestasWenners10

Die akteurs-egpaar Johan en Lida Botha. Lida is vir haar lewensbydrae vereer.


Die wenners van vanjaar se Fiëstas is Donderdagaand by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria bekend gemaak.

Kyk hier na foto’s wat op kykNET se blou tapyt geneem is.

Kyk hier na prettige foto’s met ons Fiëstas-raam.

Hier is die wenners:

Beste akteur
Stian Bam vir In Glas (KKNK)

Beste aktrise
Tinarie van Wyk-Loots vir Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)

Beste manlike byspeler
Dean Smith vir Die Dag is Bros (Innibos)

Beste vroulike byspeler
Greta Pietersen vir Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Beste regie
Nicola Hanekom vir In Glas (KKNK)

Beste teaterontwerp
Nico Scheepers vir Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)

Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
Amanda Strydom vir Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)

Beste spel in ’n solo-vertoning
Marlo Minnaar vir Santa Gamka (KKNK)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie
Nicola Hanekom vir In Glas (KKNK)

Beste prestasie in klassieke musiek
US-koor onder leiding van André van der Merwe (Woordfees)

Beste prestasie in visuele kuns
Nathani Lüneburg vir As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)

Beste musiekgedrewe produksie
Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

Beste aanbieding
In Glas (KKNK)

Blou Stoel-toekenning
Askoop (KKNK)

Gewildste fees
Innibos

Bravo! se Tracey Lange en Robbie Kruse het met van die wenners gesels. Kyk die video:



Kyk hier onder na foto’s van al die wenners:

34 fiestaswenners1

34 fiestaswenners2

34 fiestaswenners3

34 fiestaswenners4


34 fiestaswenners6

34 fiestaswenners7

34 fiestaswenners9

34 fiestaswenners10

34 fiestaswenners11

34 fiestaswenners12





Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (skryfkuns) is vir hulle lewensbydrae vereer.

Al die benoemdes van vanjaar se Fiëstas is Donderdagoggend by die Fiëstas-ontbyt vereer en het elk ’n kunswerk van Sandra Hanekom ontvang. Hanekom, self benoem in die kategorie vir beste prestasie in visuele kuns, het in ’n toespraak gesê dat sy deur die muse geïnspireer is.

“Dis ’n groot voorreg om ’n kunswerk te kon skep vir my mede-kunstenaars. Mag die muse altyd aanhou in julle ore fluister en vir julle nuwe werk bring, want dit is waaroor die kunste gaan,” het sy gesê.

Die kunswerk is in grafiet en kleurpotlood gedoen en volgens Hanekom is die gedagte agter die stuk om elke fees simbolies as ’n muse te versinnebeeld. Heel voor en sentraal met haar volstruiskop-staf, is die KKNK. Links agter met haar oor teen die grond is Aardklop en regs tussen die takke is Innibos. Links agter fluister die Woordfees in ’n godin se oor en in die agtergrond dans Oppikoppi se muse op ’n heuwelkruin. Die Suidoosterfees word simbolies as ’n wolk met kykende oë uitgebeeld en die Vrystaat-fees is die roos op die voorgrond.

Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale, het gesê die nominante-ontbyt is om vir elk van die benoemdes erkenning te gee.

“Dit is ’n cliché,” het sy gesê, “maar julle is almal wenners. Soms is die stempersentasie op ’n naaldpunt en kan dit enige kant toe gaan. Vandag en vanaand is dus ’n viering van julle almal.”

Die onderskeie feeste het ook erkenning gekry. Die KKNK is as gewildste fees benoem en was die voorloper met 20 benoemings. Die Woordfees is ook as gewildste fees benoem en het 18 benoemings gekry. Aardklop en Innibos is beide as gewildste fees benoem en het elk ses benoemings gehad. Oppikoppi is as gewildste fees benoem en die Vrystaat-fees en Suidoosterfees het elk vyf benoemings gekry.

Dit is vanjaar die sesde jaar wat die Fiëstas aangebied is. Die Fiëstas vereer die beste van die beste op die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika. Die glansgeleentheid is regstreeks op kykNET uitgesaai.