Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 50: Fielavooi! Ons verlang alreeds, Vlooi – Kwarantyn

Nuus
29 Julie 2020
Hier is hoekom ons alreeds verlang.
Vlooi 1

Dis die viervoetige TV-ster wie se naam, na afloop van die eerste seisoen van Kwarantyn, op almal se lippe is.

Vlooi, die ronde waggelende hondekind in huis-Le Roux, het gedurende die afgelope sowat sewe weke diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip met liefdevolle houding, haar kostelike hees blaffie, en waghond-instink,

Deur baie getroue kykNET-kykers is sy onder meer hoof van sekuriteit gedoop. Dis die waghond met die mooiste maniere, die brak wat die huis by tye op hulle tone gehou het.

  1. Wie sal al die kere vergeet wat Vlooi bed geskrop het op die koue windersaande?

     
  2. En toe Vlooi haar eie Instagram-blad kry? 

     
  3. Ons sal ook al die kere wat Vlooi bietjie laat ingelê het onthou.

     
  4. Ons raak sommer lus om self in die kooi te kruip as ons haar dophou.

     
  5. En Vlooi se mooi maniere.

     
  6. Kyk, hondelewe is gemaak om rustig te wees...

     
  7. Veral wanneer dit by luilekker Saterdae kom.

Nadat dié bekende brakkie bederf is met ’n geskenkie gedurende die voorlaaste dag van Kwarantyn, het boodskappe vir dié woef op sosiale media ingestroom.

KYK OOK: VLOOI, HOOF VAN SEKURITEIT, IS AANDIENS

Volgens Gina Kapp Kasselman het Vlooi so diep in kykers se harte gekruip, sy verdien self ’n kaktus-toekenning. “Dankie, kykNET, vir haar mooi jassie. Vlooi, ons gaan jou ronde lyfie mis,” het sy gesê.

En volgens Subeth Kriel is Vlooi ’n “ou bobaas waghond” wat geblaf het net wanneer dit nodig was. Verder het sy gesê: “Jy lyk sommer jare jonger met jou nuwe kykNET-jassie!. Jy is ’n baie gelukkige en bevoorregte woefter om deel te wees van hierdie liefdevolle Le Roux-huisgesin! Ons gaan jou ou blaffies mis!”

Henelia Jordaan het gesê: “Jy was te dierbaar en ’n baie oulike soet hondjie. Mag jy nog baie gelukkige honde jare hê.”

KYK OOK: KOM ONS MAAK VLOOI FAMOUS

Petru O’Kelly meen dat Vlooi altyd aanpasbaar en liefdevol was. “Jy het jou plek mooi volgestaan soos dit ’n opregte Le Roux betaam.”

Volgens Helene Lotz-Oosthuizen behoort Vlooi deur president Karen Zoid as minister van sekuriteit ingelyf te word. “Vlooitjie, jy was neutraal in die hele show, jy is oulik en ek stuur vir jou ’n virtuele drukkie,” het sy verder gesê.

Dan het Adriana Vorster gesê: “Vlooi, jy was die beste. Nooit gekla of gekerm nie. Net liefde gegee en ook so baie ontvang. Mag jy nog baie jare vreugde aan jou familie bring.”

Het jy enige boodskappe vir Vlooi? ​Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.