Logo

Episode 5: Ons hou basaar

Nuus
10 April 2015
Die kompetisie tel spoed op, maar dié week het die Koekedore rede om fees te vier.
IMG_3251-300x224

Die kompetisie tel spoed op, maar dié week het die Koekedore rede om fees te vier. Niemand gaan vandag huis toe nie, kondig die beoordelaars aan, en ’n mens kan die deelnemers gesamentlik hoor sug van verligting.

Daar is nie ’n groter fondsinsameling as die basaar nie en die grootkoektafel trek altyd die meeste aandag. In die Koekedoor-stoor is dit basaar-tyd, en daar is ’n groot prys op die spel vir die deelnemer wat die beoordelaars vandag die meeste beïndruk: ’n blinknuwe Kenwood Chef Sense XL ter waarde van R15 000.

Watch out, Gerrit bak,” sê Gerrit. “Hy lag nie vandag nie; hy bák.”

Die tuisgebak-uitdaging is om ’n onderstebo-koek te bak – een wat die hele basaar op sy kop sal keer.

“Die allerlei-tafel is my gunsteling by ’n basaar,” sê Cecilia. Sy wil báie graag wen, sê Mareli.

Sy bak ’n onderstebo appel-en-kaneelkoek met karamel. Martjie kies ’n kombinasie van pruim en tiemie, Gerda besluit op gemmer en lemoenskywe en Murray gebruik lemoen, pynappel en dadels.

In die fyngebak-uitdaging spook die Koekedore om hul wolkekrabber-sjokoladekoek – die beoordelaar Mari-Louis Guy se resep – te laat regop bly.

Van die wolkekrabbers is deels in ’n modderstorting verswelg. Ander het weer na bo uitgetoring. Sy is baie tevrede met haar poging, sê Valerie. Gerda reken sy sou haar tas moes pak as ’n Koekedoor vandag die kombuis moes verlaat

’n Flambojante lootjiekoek is die pronkgebak-uitdaging, Gerda bak ’n “bybelkoek”, Martjie ’n vanielje-makrolletjiekoek, Murray ’n murgpampoentjiekoek en Mareli haar vriendin Paula se “swartkoek”.

Mareli en Martjie het die beoordelaars die meeste beïndruk, en Mareli word as die episode-wenner aangewys.