Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160 Afgrond

Episode 2 vrae beantwoord – Afgrond

Nuus
03 Maart 2021
Ons kyk weekliks na van die grootste vrae waarmee ons gelaat word na elke episode van die naelbyt-drama Afgrond.
6

Hoe herbou jy jou lewe na ‘n koma?

Vir sommige pasiënte voel ‘n koma soos ‘n oneindige droom waarvan jy net nie kan wakker word nie; vir ander voel dit asof hulle slegs hul oë geknip het. Maar die feit bly staan dat tyd aangestap het sonder jou. Die wêreld het verander, jou lewe het verander en mense het geleer om aan te gaan – sonder jou.

So hoe betree jy weer die wêreld asof niks gebeur het nie? Die maklikste antwoord – jy doen nie. Ongelukkig het iets gebeur en jy hét ook verander. Jy kan dalk nie so vinnig loop soos wat jy altyd kon nie, jy kan dalk nie behoorlik praat nie, jy kan dalk nie eens jouself voer nie. Die nagevolge hang af van persoon tot persoon en die rehabilitasie-proses. Maar dit help om ‘n ongelooflik ondersteunings netwerk om jou te hê.

Vermy denke oor wat jy op uit gemis het terwyl jy nie deel van almal se lewens was nie en fokus eers op herstel. Jy is ‘n tweede kans gegun, daar is meer as genoeg tyd om op te vang.

Stel vir jouself weeklikse doelwitte en fokus om daardie doelwit te behaal.

Dit gaan tyd neem om weer aan te pas sodra jy uit die hospitaal ontslaan word. Die buite wêreld het aan gestap, tegnologie en infrastruktuur het ontwikkel. Maak staat op jou geliefdes om jou die weg te wys. Moenie probeer braaf wees nie, hierdie is moontlik ‘n wêreld wat jy nog nie verstaan nie.

Moenie jouself met iemand anders vergelyk nie. Nie een koma-pasiënt is dieselfde nie. Fokus op jouself en jou reis.

My tiener hou nie van my nie…

Die moontlikheid was nooit onwerklik nie, maar nou is jou kind ‘n tiener en alles van jou is irriterend of ‘n verleentheid. Dieselfde kind wat eens in jou arms ingespring het elke keer wat jy hulle by die kleuterskool gaan oplaai het. Wat het gebeur?

Dit mag seer maak en as ouer mag jy dit dalk nie verstaan nie, maar die feit dat jou tiener ‘allergies’ is vir jou is wel gesond. Asher Brauner, 'n familie sielkundige in die VSA noem dat tieners ‘n “innerlike mandaat het om te individueer”. Dis ‘n groot prestasie. Jou kind was vir lank van jou afhanklik, dis net natuurlik dat wanneer hulle onafhanklik begin op tree, dat julle koppe stamp.

Brauner adviseer ouers om dinge nie te vererger nie.

Kinders is nie op die ouderdom van tien weggeneem na Mars en teruggebring as tieners nie. Hulle is steeds hulself – net meer emosionele, dramatiese en soms regtig kranige weergawes van hulself. Hulle wil gerespekteer en verstaan word.

Hier is ‘n paar stappe om die vuur te blus:

  • As jy meer luister, sal hulle meer praat.
  • Komplimenteer hulle meer as wat jy hulle kritiseer.
  • Maak seker dat jou verwagtinge realisties is.
  • Daag fisies op en wees daar.
  • Vra om verskoning.
  • Vertrou jou kind.
  • Leer hulle hoe om hulself lief te hê.

Liefde of my droom beroep?

Een persoon sal sê dat liefde altyd die antwoord is, 'n ander kan sê dat 'n beroep wat jy geniet, jou gelukkiger sal maak - die komplikasies en oplossings van hierdie vraag is nie vir almal dieselfde nie.

Jy maak ‘n besluit, voor die wêreld vir jou ‘n besluit maak. Jy is in beheer. Jy skryf jou eie lewensverhaal.

Bepaal watter tipe persoon jy is:

  1. Vlytig: beroep- georiënteerd, wil sukses in die lewe behaal
  2. Romanties: prioritiseer verhouding bo materialistiese dinge

Dit is belangrik dat jy verstaan dat jy nie ‘n ‘regte’ of ‘verkeerde’ besluit hier kan maak nie. Die besluit wat jy maak is glo die beste besluit vir jou op hierdie spesifieke tyd in jou lewe.

Afhangende van jou persoonlikheid, belangstellings en wat jy as prioriteite beskou, leef jy eerder om lief te hê, of jy lewe om te werk.

Die lewe word nie gedefinieer deur asemrowende oomblikke of deur die oomblikke wat jou asem wegslaan nie, want die grootste deel van die lewe is eenvoudig nie so nie. Ek glo dat die lewe, in klein en in groot oomblikke, gedefinieer word deur wat jy kies om te laat gaan vir wat jy kies om te wen.

Hoe vergewe ek my ma?

Om ons ouers te kan vergewe, is 'n kern taak van volwassenheid en een van die belangrikste tipes van vergifnis. Robert Karen, ‘n kliniese sielkundige, sê dat om ons ouers te vergewe die eerste stap in die rigting van geluk, selfaanvaarding en volwassenheid is.

Die sondes van ‘n ouer is een van die moeilikste om te vergewe. Ons verwag die wêreld van hulle en wil nie graag ons verwagtinge verlaag nie. Ons wil hê dat hulle om verskoning vra en dat hulle van harte pleit vir ons vergifnis.

Die maklikste manier om jou ouers te vergewe is om vas te hou aan hul liefde vir jou en jou liefde vir hulle, selfs in die lig van die dinge wat hulle gedoen het om jou seer te maak. Om te vergewe is nie om die slegte dinge wat hulle gedoen het, goed te keur nie. Dit is nie om hul karakterfoute te ontken nie.

Vergewe hulle. Wanneer jy doen, sal jy weer die goedheid in hulle kan herken. En julle sal weer kan bou aan jul verhouding. Met vergifnis kom genesing, vryheid en vrede.

Hoe balanseer ek werk en familie?

Met vol skedules word die bestuur van veelvuldige verpligtinge ‘n groot uitdaging. Om ‘n balans tussen werk en familie te vind kan heeltemal oorweldigend voel. Daar is egter 'n paar strategieë wat gesinne kan help.

Hier is 5 wenke om jou werk en familielewe beter te bestuur:

  1. Stel prioriteite vas.
  2. Beplan en doen dinge vooraf.
  3. Bou ‘n ondersteuning-netwerk by die werk sowel as by die huis.
  4. Neem tyd vir jouself.
  5. Deel jou struikelblokke met iemand na aan jou.

Jy hoef nie alles te doen nie. Probeer jou lading ligter maak deur werk uit te deel. Die balans tussen werk en familielewe is een van die algemeenste oorsake van spanning vir werkende volwassenes.

Dit is nie maklik om werk en familielewe te balanseer nie. Daar is geen presiese benadering nie. Elke persoon en familie moet spesifieke oplossings vir hul probleme vind, afhangende van hul eie voorkeure en behoeftes.

Skakel elke Woensdag om 20:00 in vir Afgrond en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #Afgrond te gebruik.

Jy kan ook nou kykNET stroom op Showmax.