Logo

Episode 1: Welkom by Koekedoor!

Nuus
13 Maart 2015
Die soektog na die land se veelsydigste bakker het begin. Tien deelnemers van regoor Suid-Afrika het by ’n prag-kombuis in Tulbach byeengekom.
Koekedore_resized-1024x688

Die soektog na die land se veelsydigste bakker begin. Tien deelnemers van regoor Suid-Afrika kom by ’n prag-kombuis in Tulbach byeen.

Die spanning loop hoog en selfs méér so wanneer die deelnemers hoor hulle kom teen tien van die land se bak-persoonlikhede te staan. Soos te verwag, sit die kinkel vooraan die kabel, en moet die deelnemers nadere kennis maak met onder meer ’n aardse wortelkoek en ’n glutenvrye rumkoek.

Eerste aan die beurt is die bak-ghoeroes. Hierna moet die deelnemers hul spog-gebak naboots. Caroli van Sasolburg, die jongste deelnemer aan die kompetisie, moet Vicky Gurovitz, uitvoerende sjef van patisserie (fyngebak) by die Four Seasons Hotel The Westcliff in Johannesburg, se spesery-botterskorsie-gateau bak.

“Die moeilikste koek is gevat,” sê Mareli van Douglas. Sy trek die lootjie om Callie Maritz, kosstillis en eienaar van Cakebread in Kaapstad, se glutenvrye rumkoek te bak. Sy is verras toe sy haar gerysde koek uit die oond haal. Glutenvrye koeke is gewoonlik “plat goed,” sê sy.

Martjie van Stellenbosch is verlig toe sy hoor sy gaan Jacques Erasmus, eienaar van die Hemelhuijs in Kaapstad, se amandel-laagkoek, ’n ou Franse resep, uitprobeer. Dié koek het ’n meringue-basis.

Jacques se skepping is egter nie vir sissies nie, meen Louise van Stellenbosch. Sy trek die bekroonde troukoekbakker Wade van der Merwe se “outydse” suurlemoen-en-papawerkoek. Brandewyn-skywe maak dié koek modern.

*Lees die volledige artikel op die Koekedoor webwerf.

Koekedoor is op Facebook en Twitter.