Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Emosies loop hoog in Junie – Arendsvlei

Nuus
02 Junie 2020
Dit lyk of Cupido omtrent kom verwoesting saai in die Vlei in Junie…
Screen Shot 2020 05 13 at 11

Die aandete wat Olivia Wolfe (Kim Cloete) vir Hamilton (Kevin Smith), haar eksman, en Beatrice (Jolene Martin) maak, maak allerhande gevoelens vir die ekspaartjie wakker.

Terwyl Olivia en Hamilton deurmekaar is oor wat tussen hulle aangaan, is Beatrice nie seker of Olivia werklik oor Hamilton is nie. En dan is daar die dubbel-ramparty wat wag. Hamilton gaan voort met die ramparty, maar hy besef iets is nie lekker nie en hy moet gereedmaak om iets ondenkbaar aan Beatrice te doen. Gaan hy vir Beatrice of Olivia kies?

Terwyl Hamilton ’n ondenkbare besluit moet maak, het sy keuse ook natuurlik ’n impak op Thys en Ronel se troue. Maar dis nie al probleem waarmee die paartjie opgesaal sit nie. Alhoewel Ronel baie duidelik vir Thys gesê het dat sy nie haar pa by haar troue soek nie, het Thys voortgegaan en hom genooi.

Ronel is woedend toe sy haar pa in Arendsvlei sien – wat sal hom makeer om ná 20 jaar ’n opwagting te maak? Thys probeer alles doen om vir Ronel te oortuig dat hy net goeie intensies gehad het, maar Ronel sien net rooi voor haar.

Bompie raak al hoe meer geïrriteerd met Anton wat so baie tyd spandeer met Monique en besluit om iets aan die saak te doen. En soos ons vir Bompie ken, sal hy iets doen wat Anton sal keer om voort te gaan met die dansklasse. Sal Monique eindelik uitvind wie Bompie rêrig is?

1
Screen Shot 2020 05 21 at 5
Screen Shot 2020 05 14 at 3
Screen Shot 2020 05 14 at 3
Screen Shot 2020 05 21 at 5
Screen Shot 2020 05 21 at 5
Screen Shot 2020 03 27 at 1
2
3
Screen Shot 2020 05 13 at 11
Screen Shot 2020 05 13 at 10
Gallery
1

Bly op hoogte met al die drama elke Maandag tot Woensdag om 20:00 en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram!