Logo

Eksklusief: Modder en Bloed-strokies

Nuus
11 Februarie 2016
Kyk hier na strokiesprente van die fliek Modder en Bloed, wat eksklusief op kykNET se webblad en sosiale media gedeel word.
Modder en Bloed Strokie 01

Strokiesprente van die nuwe fliek Modder en Bloed word eksklusief op kykNET se webblad en sosiale media – in aanloop tot die uitreiking van die fliek op 1 April – bekendgestel.

Dié strokies is gegrond op gebeure in die fliek (sien hier onder).

Modder en Bloed vertel die verhaal van Willem Morkel (Stian Bam), ’n Boerekryger wie se vrou en enigste kind tydens die Anglo-Boereoorlog deur Britse soldate vermoor word. Hy en sy ‘”mede-gevangenes”, in rolle vertolk deur Deon Lotz en Bok van Blerk, word na die eiland van St. Helena in die Atlantiese Oseaan verban.

Daar word die Boere onderwerp aan die haat van die Britse bevelvoerder Kolonel Swannell (Grant Swanby), wat hul lewens elke dag hel maak.

Wanneer een van die Boere (Edwin van der Walt) ’n misstap begaan, word hy gevang en ter dood veroordeel. Willem tree tussenbeide en gaan ’n weddenskap aan in ruil vir ’n lewe, wat lei tot die Boere se belangrikste wedstryd ooit.

Modder en Bloed is vervaardig deur Dark Matter Studios (Henk Pretorius en Llewellyn Greeff) en Collective Dream Films, wat aan skrywer en regisseur Sean Else en Rudy Halgryn behoort.

Die fliek spog met ’n indrukwekkende rolverdeling, wat Suid-Afrikaanse en Britse rolprentpersoonlikhede insluit, soos Albert Maritz, David Louw, Jacques Bessenger, Altus Theart, Albert Pretorius, Charlotte Salt, Nick Cornwall en Josh Myers.

Lees meer oor Modder en Bloed hier, en kyk hier na die amptelike lokprent.

Kyk hier onder na die eksklusiewe fotostorie:

34 modder en bloed strokie 01

34 modder en bloed strokie 02

34 modder en bloed strokie 03

34 modder en bloed strokies 04

34 modder en bloed strokie 05

34 modder en bloed strokie 06

34 modder en bloed strokie 07

34 modder en bloed strokie 08