Logo

Einde van die grondpad – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
05 Maart 2021
Dit is onmiskenbaar dat teleurstelling nooit maklik is nie. In vandeesweek se episode van Boer soek ‘n vrou moes die boere en pasmaats beide keuses maak met verrykende gevolge.
6

#BoerNiel

Niel moes in vandeesweek se episode van Boer soek ‘n vrou die moeilike keuse maak om een dame huis toe te stuur. Dit was duidelik dat dié keuse vir hom baie moeilik was om te maak. Hy het toe aan die einde van die episode besluit dat die borrelende Sheri huis toe gaan. Dit beteken dan dat Chereze en Monique nog verder op die plaas gaan kuier om Niel beter te leer ken.

#BoerRichann

Alhoewel Richann al ‘n glinster in die oog het, het hy vir Annemien gevra om die plaas te verlaat om sodoende Marizel en René beter te leer ken. Dit was nie ‘n maklike keuse gewees nie, maar die proses was ook een wat Annemien heeltemal uit haar gemaksone geforseer het – ons kan maar net wag en kyk om uit te vind wat die toekoms inhou vir Richann en die twee oorblywende dames.

#BoerAlbert

Die emosies het maar hoog geloop op Albert se plaas in Clanwilliam! Albert het die keuse gemaak om Mariska te vra om die plaas te verlaat, maar toe het Trudie ook besluit dat sy nie langer op die plaas wil kuier nie. Albert was uit die veld geslaan oor die keuse. Dit beteken nou dat Marlia die enigste dame is wat nog langer gaan kuier by Albert – ons kan maar net hoop dat die res van die plaas kuier rustiger gaan verloop! 

#BoerDean

Daar het ‘n rustigheid oor die plaas gedaal toe Déan sy keuses moes maak oor wie nog langer op die plaas moet bly. Marné en Marinel was beide nogal geskok deur Déan se keuse om Megan te vra om die plaas te verlaat. Maar ons kan maar net glo dat Déan vrede ervaar met sy keuse en die oorblywende tyd op die plaas te benut met Marné en Marinel.

#BoerKobus

Daar was nie ‘n tekort van emosies op Kobus se plaas toe hy die keuse gemaak het om Michellé te vra om die plaas te verlaat nie. Sy het dit glad nie verwag nie en was baie ontsteld oor die keuse wat gemaak is. Dit dien net weer as bewys dat verwerping – maak nie saak op watter ouderdom nie – steeds seermaak.

Onthou om elke Donderdagaand om 20:00 in te skakel vir #BoerSoeknVrou en om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel