Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Eerste indrukke – Op my eish!

Nuus
24 April 2021
Die eerste episode van Op my eish, het vir vele interessante oomblikke gesorg!
Untitled design

Tydens die eerste episode het ons Neels van Jaarsveld bietjie beter leer ken – die regte Neels en nie noodwendig ‘n karakter wat hy vertolk nie. Sy ‘wingman’ Henré het hom ook gepeper met die vrae terwyl hulle bietjie in die Overberg rondgery het.

Dit was ‘n episode vol van ‘eerstes’.

Dit was sy eerste ontmoeting met die lewens afrigter, Liezl Thom, wat hom gaan vergesel op hierdie soektog na liefde, maar dit was ook propvol eerste indrukke (van die dames wat ingeskryf het, asook eerste virtuele afsprake.

Loer ook hier vir 'n kuiertjie met Henré. 

Die dames wat toe wel later ‘n uitnodiging gekry het van Neels af om Hermanus toe te gaan, was:

Abigail

Dorianne

Florinda

Hettie

Melani

Sascha

Janka

Tanya

Laurika

Liesa

Lizelle

Sonja

Ons kan nie wag om die twaalf dames beter te leer ken in die tweede episode van Op my eish nie! Indien jy nie die eerste episode kon kyk nie, moet nie bekommerd wees nie. Dit is beskikbaar op die DStv-App.

Gesels saam met ons op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik.