Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

'Een leun kan ‘n duisend vroue se waarheid afbreek' – Arendsvlei

Nuus
01 Junie 2021
"Ouers moet vir hulle kinders kan wys dat daar onderwysers is waarteen hulle gewaarsku moet word, maar mag ook nooit iemand beskuldig van iets wat hulle nie gedoen het nie".
Arendsvlei #METOO

Wat as hy nie skuldig is nie?
Arendsvlei-kykers is warm onder die kraag nadat die matriekleering Keesha (Schae Pietersen) haar wiskunde-onderwyser Thys Cupido (Sherman Pharo) valslik van seksuele teistering beskuldig het.

Thys voel asof sy lewe uitmekaar val. Sy suster is die hoof van die skool, sy vrou is ‘n onderwyseres en sy eksvrou is hoof van die skool se beheerliggaam. Hoe kan hy, en ander mans in sy skoene, hulle onskuld bewys?

Theltom Masimila, een van die Arendsvlei-skrywers, verduidelik hoekom hulle hierdie ingewikkelde storielyn aangepak het.

“Ons wil die skade wys wat aangerig kan word wanneer vroue leuens oor mishandeling of teistering vertel,” sê hy. “Wanneer vroue jok oor seksuele teistering, ly vrou wat dit werklik beleef of beleef het daaronder. Met ander woorde omdat Keesha daaroor jok, maak dit dit vir ander vroue moeiliker om geglo te word. Dit is hoekom dit vir ons belangrik was om hierdie storie te vertel. Daar is te veel vroue wat deur teistering gaan en met die skade wat dit aanbring moet worstel en dan kom een persoon en breek as’t ware ‘n hele struktuur af. Een leun kan ‘n duisend vroue se waarheid afbreek.”

Die terugvoer vir die skrywerspan was interessant omdat daar heelwat mense was wat gesê hulle weet van gevalle waar dit werklik gebeur het. “So net so belangrik as wat dit is om die storie te vertel van die leerder wat jok, so belangrik is dit om die storie te vertel van die leerder wat die waarheid praat. Daar is altyd twee kante aan ‘n storie,” sê Theltom. “Natuurlik voel ons die storie van die vrou wat die waarheid van seksuele teistering moet voorkeur geniet, maar dit beteken nie dat die storie van die slagoffer wat vals beskuldig word ook vertel moet word nie. Ons sit by Arendsvlei met ‘n onderwyser wat sy hele reputasie verloor het vir niks, vir ‘n leuen.”

Hy sê hulle hoop dat storielyne soos hierdie ‘n debat tot volg sal hê. “Ouers moet vir hulle kinders kan wys dat daar onderwysers is waarteen hulle gewaarsku moet word, maar mag ook nooit iemand beskuldig van iets wat hulle nie gedoen het nie,” sê hy. “Jy moet nooit kom dat jou wraak iemand se lewe verwoes nie. Dit gaan oor eerlikheid en integriteit, dat mense mekaar se menswaardigheid moet erken.”

Hier is ‘n skakel na The South Africa Labour Guide se riglyne oor seksuele teistering in die werkplek: https://www.labourguide.co.za/general/600-code-of-good-practice-on-sexual-harassment113

Hier is ‘n skakel met inligting oor wat teistering is, die prosedure wat gevolg moet word asook ‘n lys kontakbesonderhede indien jy hulp nodig het: https://www.legalwise.co.za/help-yourself/quicklaw-guides/harassmen

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 vanaf 28 September op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.