Logo

Duncan se ‘goud’ – Leah se dagboek

Nuus
30 Desember 2018
Leah skryf oor haar tyd op Boer Duncan se plaas.
BSV-Duncan-Leah

FOTO: Donna Lewis

 

Liewe Dagboek,

Boer Duncan se beeldskone omgewing het my weggeblaas!

Harrismith is groter as wat ek gedink het dit is, en al die winkels wat ons nodig gehad het was daar. Ek moes iets per koerier stuur, en kon dit regkry vanuit Harrismith!

Ons het bietjie Clarens toe gegaan en dit was só mooi, want ek het nog nooit daardie pad gery of die Golden Gate-park gesien nie. Ek het soos ’n toeris gevoel in my eie land!

Ek voel asof Heidi in Clarens moet opdaag en begin jodel! Ek het lekker Duitse bier daar gedrink.

Ons het op ’n stadium in Golden Gate oor die hange afgekyk en drie elande gewaar. Hulle het só stil gelê, dit was moeilik om te weet of hul lewe of nie!

Wat vir my uitgestaan het, was die plantegroei, die rooi berge en die verskillende kleure van die hange.

Op Duncan se plaas het ek gelukkig nêrens geval of gegly nie, al is ek ietwat lomp, maar ons moes wel my hare vasmaak omdat die wind te veel gewaai het terwyl ons buite verfilm het.

Dit was vrek koud! Ek het maklik twee pare kouse en warm stewels aangehad.

– Leah

Hier is bietjie meer oor die groter omgewing waarin ons boere hulself bevind.

Neem deel aan ons kykerskeuse-ervaring – jy kan ’n middagete saam met Leah en vier van jou vriende losslaan!