Logo
Diepe waters cast
web uni tv guide

Diepe Waters

144Drama13 VL

Drama sonder brieke – Diepe Waters

Nuus
18 Oktober 2022
Kyk saam met ons terug na van die grootste oomblikke van die reeks tot dusver!
Diepe Waters

Mevrou Swarts

Gys se familie het glad nie geweet van sy nuwe liefde nie en toe die woord ‘vrou’ uit sy mond kom was almal in die vertrek stomgeslaan deur die nuus! Die feit dat niemand na die geheimsinnige troue toe genooi is nie maak dat hierdie aankondiging onmiddellik ’n bitter smaak in Swarts monde gelaat het.😳

Maak oop en kyk

“Jy weet mos hoe om ’n mes te gebruik.”

Zelda het die Swarts-familie se aandete onderbreek net om kwaad te kom stook in dié huishouding. Meghan se gesigsuitdrukking toe sy die geskenk oopmaak sê meer as genoeg!👀

Nuwe lewe

Sjoe! Jy hoef nie tussen die lyne te lees om die punt agter die punt raak te sien tydens hierdie omgemaklike gesprek nie.

Starts with a “b”, ends with an “itch”

Sanet het gedink sy kan sê net wat sy wil terwyl sy die ‘royal treatment’ kry, maar Pamela het duidelik net mooi genoeg gehad terwyl Zelda nie haar glimlag kon wegsteek nie!😅

Paddavissie

Die volwassenes is beslis nie alleenlik verantwoordelik vir die drama in hierdie storie nie! Johan dink dat hy die koning van die swembad is, maar Tshepo is vasbeslote om die kroon vir homself te vat.💪

Skakel elke Maandag tot Donderdag om 18:30 in vir al die drama en gesels saam deur die hutsmerk #DiepeWaters te gebruik.