Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Dorp van die jaar 2023 – Kwêla

Nuus
05 Maart 2023
Dit is tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie! Vanjaar in samewerking met Lottoland.
Kwels 2023 DVDJ Article Image

 Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Wat is juwele in die dorp waarop jy trots is. Benoem nou jou gunsteling dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Wie kwalifiseer?

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

  • Minder as 500 000 inwoners het
  • Nie ’n streekswenner in die laaste twee jaar was  (2021: Greyton, Upington, Senekal, Koster, Wakkerstroom, St Lucia, St. Francisbaai, Hoedspruit en Gochas. 2022: Kroonstad, Montagu, Calvinia, Glencoe, Haenertsburg, Keetmanshoop, Cullinan, Graaff-Reinet, Pelgrimsrus.
  • Vorige Wendorpe mag vir 6 jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (Mosselbaai - 2017, Jeffreysbaai - 2018, Swakopmund – 2019, Kareedouw 2020, Greyton 2021, Kroonstad 2022).

Hoe werk dit?

Benoem jou gunsteling dorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50). Inskrywings open op Sondag, 5 Maart om 18:00 en sluit Vrydag, 17 Maart 2023 om 12:00 die middag. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel sms’e as jy wil in hierdie nominasie ronde).

Daar sal uit nege streke gekies word:

1. Gauteng en Noordwes saam.

2. Noord-Kaap

3. Oos-Kaap

4. Wes-Kaap

5. Vrystaat

6. Limpopo

7. Mpumalanga

8. KwaZulu-Natal

9. Namibië

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale ronde (op 15 April, 23 April en 30 April). Hier kry die publiek vir ‘n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp uit die 3 semi-finaliste uit elke streek te stem.  Die ronde laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme sal die kompetisie-streek as hul finalis-dorp in die finale rondte verteenwoordig.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies  wat die finale rondte gehaal het kom verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 16 Julie tot 12:00 die middag, 21 Julie, vir die wendorp kan stem.

Die Wendorp word op 30 Julie 2023 op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot opskop in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word. Lottoland het ook ‘n verrassing vir die wendorp, wat aangekondig sal word.

Lees hier die volledige bepalings en voorwaardes.