Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Dorp van die Jaar 2022 – Kwêla

Nuus
06 Maart 2022
Dit is weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie! Vanjaar in samewerking met lekkeslaap.co.za en Kia.
Dorp van die jaar 2022 – Kwêla

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nou jou gunsteling dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Wie kwalifiseer?
Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

  1. Minder as 500 000 inwoners het
  2. Nie ’n streekswenner in die laaste twee jaar was  (2020: Swellendam, Gariep Dam, Tzaneen, Heidelberg Gauteng, Williston, Kareedouw, Port Edward) 2021: Greyton, Upington, Senekal, Koster, Wakkerstroom, St Lucia, St. Francisbaai, Hoedspruit en Gochas.
  3. Vorige Wendorpe mag vir 5 jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (Mosselbaai - 2017, Jeffreysbaai - 2018, Swakopmund – 2019, Kareedouw 2020, Greyton 2021).

Hoe werk dit?
Benoem jou gunsteling dorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50). Inskrywings open op 6 Maar 2022 om 18:00 en sluit 18 Maart 2022 om 12:00. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel sms’e as jy wil in hierdie nominasie ronde).

Daar sal uit nege streke gekies word:

  1. Gauteng en Noordwes saam.
  2. Noord-Kaap
  3. Oos-Kaap
  4. Wes-Kaap
  5. Vrystaat
  6. Limpopo
  7. Mpumalanga
  8. KwaZulu-Natal
  9. Namibië

KLIEK HIER VIR DIE VOLLEDIGE BEPALINGS EN VOORWAARDES

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale ronde (op 17 April, 24 April en 1 Mei). Hier kry die publiek vir ‘n week lnk elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem.  Die ronde laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies  wat die finale rondte gehaal het kom verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 17 Julie tot 12:00 22 Julie, vir die wendorp kan stem.

Die Wendorp word op 31 Julie 2022 op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot Kwêla dorp van die Jaar – KIA Makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.