Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Dis weer liefde en leed in die Vlei – Arendsvlei

Nuus
03 November 2020
Die hele Arendsvlei is op hol en Beatrice voel vere hierdie November.
Untitled design

Wanneer Beatrice (Jolene Martin) onverwags Arendsvlei verlaat om haar kop skoon te kry, sonder om enige iemand te vertel waar sy is, ontmoet sy iemand interessant op haar wegbreuk wat haar aandag aflei…

Kaptein Krige (Brendan Daniels) trek by Janice (Crystal Donna Roberts) en Lionel (Jody Abrahams) in en maak hom gemaklik soveel hy kan. Krige en Janice vind mekaar aand na aand in die kombuis en praat diep sake, terwyl Lionel salig in die kamer slaap. Janice begin gou besef sy moet dinge stop voor dit te ver gaan.

Bompie (Jarrid Geduld) daag weer op in Arendsvlei en dit veroorsaak dat Monique (Robyn Rossouw) se verlede by haar spook. Net wanneer sy weer liefde gevind het met Anton (Dean Richard Olivier), word haar hele lewe omvergegooi. Gaan Bompie toelaat dat Monique aanbeweeg?

Asof Monique en Bompie se doen en late nie genoeg is nie, sukkel Anton om sy nuwe realiteit te verwerk. Hy het kort ná Naz (Carmen Maarman) se verskyning, uitgevind dat sy eintlik sy ma is wat hulle jare lank verwerp het. Anton hou ’n wrok teenoor haar, maar Hein (Merlin Balie) voel anders. Sal Hein sy enigste seun se part vat of gaan hy dinge probeer regmaak met sy verlore liefde? 

Screen Shot 2020 10 19 at 10
Screen Shot 2020 10 19 at 10
Screen Shot 2020 10 19 at 10
Screen Shot 2020 10 19 at 10
Screen Shot 2020 10 19 at 10
Screen Shot 2020 10 19 at 10
Screen Shot 2020 10 19 at 10
Screen Shot 2020 10 19 at 10
Gallery
Screen Shot 2020 10 19 at 10

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 vanaf 28 September op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.