Logo

‘Dis verby’ – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
26 Maart 2021
Jou verhouding was nie suksesvol nie. Jou hart is in skerwe. Hoe verwerk mens die teleurstelling van ‘n gebreekte verhouding?
BSV Artikel Dis verby article image

Daar is nie ‘n manier om met sekerheid nooit weer die pyn van ‘n gebreekte hart te ervaar nie, maar daar is maniere en wenke oor hoe om dáárdie pyn beter te verwerk.

  • Gee jouself toestemming om te voel

Wanneer ‘n verhouding beëindig word, is dit normaal om oorweldig te voel deur verskillende emosies. Dit is immers ‘n skok vir jou sisteem. Daarom is dit belangrik om uiting te gee aan jou emosies hetsy dit woede, hartseer of teleurstelling is. Gee jouself toestemming om te rou oor die verhouding.

  • Verbreek kommunikasie met jou eks

Om nie kommunikasie direk na julle verbreekte verhouding nie, is gesond. Dit gee jou die geleentheid om aan te gaan met jou lewe – sonder daardie persoon.

  • Vind ‘n ondersteuning netwerk

Bel twee of drie goeie vriende en vertel hulle wat gebeur het. Hulle wil jou ondersteun deur hierdie proses, maar soms weet hulle net nie hoe nie. Meeste mense was al deur ‘n soortgelyke ervaring gewees en jou vriende kan goeie insig gee.

Onthou dat dié ondersteuning ook ‘n bak of twee roomys kan insluit!

  • Oefen

Alhoewel oefening dalk die laaste ding is waarvoor jy nou kans sien, is dit moontlik goed om bietjie te sweet – al is dit net om iewers te gaan stap of ‘n yoga-klas by te woon. Die oefening stel endorfiene vry wat jou laat goed voel oor jouself.

  • Onthou wat jou geïrriteer het

Moet nie jou eks idealiseer nie. Maak ‘n lys van alles wat jou geïrriteer het van jou eks en plak dit iewers op waar jy dit gereeld kan sien. Hierdie oefening help jou om jou eks as ‘n drie-dimensionele persoon te sien en om ook aspekte van die verhouding te onthou wat nie altyd fantasties was nie.

  • Skep ‘n nuwe roetine

Natuurlik sal daar ‘n leemte in jou skedule wees na jou verhouding geëindig het! Maar moet nie daardie tye alleen spandeer nie. Maak steeds planne met goeie vriende of doen iets waarvan jy hou.

  • Vertrou dat jy nie vir ewig so sal voel nie

Dit is moeilik om te glo, maar onthou: ‘This too, shall pass’. Glo dat jy iewers in die toekoms jou pot se perfekte deksel sal vind en dat die wonde wat jy tans ervaar wel genees kan word mettertyd.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET (DStv kanaal 144) vir die nuutste episode van Boer soek ‘n vrou. Onthou om ook saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik. 

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel