Logo

Dís hoe Parow rol

Nuus
12 Mei 2016
Dis hoe ons rol, ’n nuwe reeks met Zander Tyler, oftewel Jack Parow, en sy avontuurlustige vriend Hardus van Deventer, word eersdaags op kykNET uitgesaai.
Dis Hoe Ons Rol Feat 01

Dis hoe ons rol, ’n nuwe reeks met Zander Tyler, oftewel Jack Parow, en sy avontuurlustige vriend Hardus van Deventer, word vanaf 1 Julie op Vrydae om 21:00 op kykNET uitgesaai.

Zander en Hardus durf die pad aan op hul Harley Davidson-ysterperde en neem kykers saam met hulle na plaaslike kuierplekke en beeldskone landskappe. Op pad soontoe ontmoet hulle interessante karakters, klets oor die gedreun van hul motorfietse en stop elke nou en dan vir ’n paar adrenalien-gevulde uitdagings. Boonop is daar hope musiekvermaak om na uit te sien!

Hardus, TV-regisseur en avonturier, het sy ou vriend uitgedaag om die motorfietstoer van sy lewe te onderneem. Zander se bestuurspan het ingestem om dié rapper aftyd te gee, mits hy oor die 30 dae van toer in al nege provinsies van Suid-Afrika optree. Hy het nie ’n oomblik geskroom nie en die uitdaging aanvaar.

34 dis hoe ons rol feat 02


Hierdie ou vriendskap sorg vir groot vermaak, maar hou ook die risiko van moontlike drama en vuurwerke in.

Dié informele reisprogram het ook elemente van ’n werklikheidsreeks en gaan kykers laat voel asof hulle saam met Zander en Hardus op reis is.

Hou die kykNET-webblad dop vir meer besonderhede oor Dis hoe ons rol.