Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Die Ware Naarheid-span brei uit

Nuus
27 Maart 2019
Kyk wie is deel van die span.
DWN_Piet Matipa 2

FOTO: Wernet Botha
 

Schalk Bezuidenhout en sy span korrespondente is binnekort terug op kykNET. Die Ware Naarheid verwelkom dié seisoen ’n nuwe korrespondent, Piet Matipa. Hy gaan saam met Bibi Slippers en Erns Grundling die weeklikse nuus uit ’n ander hoek bekyk.

Piet Matipa is ’n bekroonde rubriekskrywer wat onder meer ’n ATKV-mediaveertjie gewen het, asook ’n Standard Bank Sikuvile-toekenning as beste jongjoernalis in 2014. Hy was vir drie jaar ’n misdaadverslaggewer by Beeld en is tans ’n draaiboekskrywer vir 7de Laan. Hy was ook al ’n gas op die kykNET-program, Parlement Parlement, waar hy kykers vermaak het met sy pittige sêgoed.

Hy is baie opgewonde oor die nuwe avontuur wat vir hom voorlê. “Ek is ook ’n rapsie bang, maar goeie vrees en opwinding is ’n lekker resep,” meen hy.

Piet is gereed vir die nuwe uitdaging.

Vir Piet is geen onderwerp taboe nie. “Die program is nie skaam om op tone te trap en dit daarna met salf te smeer nie. Die Ware Naarheid is ’n pret-program.”

KYK: OU GERAAMTES UIT DIE KAS

Met Die Ware Naarheid kry jy jou weeklikse dosis nuus met ’n goeie skeut humor in. En, volgens Piet, wag daar nog meer hiervan op kykers, sowel as “lekker kykstof, sappige onderwerpe en vingerleklekker mense. Hoe dan anders?”

KYK OOK: DIE SELFIE

Skakel Woensdae in om 20:30 vanaf 24 April op kykNET, DStv-kanaal 144. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #DieWareNaarheid.