Logo

Die vraag – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
08 Januarie 2020
Jy verdien ’n breuk… lees dié artikel terwyl jy ’n lekker koppie boeretroos geniet.
3

Terwyl die joligheid van die feestyd en die nuwe dekade nou begin kwyn en jy weer terugkeer na jou normale daaglikse roetine; het ons dit goed gedink om jou terug te neem na die son, see en strand van die boere se vakansie by Plettenbergbaai.

Al wat ons eintlik kan sê is dat Hentie en Hantie nie gras onder hulle voete laat groei nie! Dit is so duidelik soos daglig dat dié twee tot hul ore toe verlief is op mekaar!

As daar enige twyfel was oor of dié verhouding sou werk, is ons vrese besweer – hulle kan omtrent nie hul hande van mekaar afhou nie. Dit was veral duidelik tydens hul romantiese aktiwiteit waar hulle met die robbe gaan swem het. Hantie was so besorg oor Hentie gewees toe hy benoud begin voel het tydens dié uitstappie.

Natuurlik kan ons nie hierdie artikel skryf sonder om te praat oor ‘die vraag’ nie. Hantie het ‘ja’ gesê – al is dit net om eers plaas toe te trek... maar ons het die vermoede dat daar nog ’n paar vrae sal wees waarop sy ‘ja’ gaan antwoord.

Onthou om in te skakel vir die volgende episode van Boer soek ’n vrou wanneer dit die reünie is. Ons kan nie anders as om te wonder wat intussen in Boer Hentie en Hantie se lewens gebeur het nie.

Gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op sosiale media.