Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Die seisoene draai in kykNET se sepies

Nuus
01 Junie 2022
Hier is wat jy kan verwag in jou gunsteling-sepies tydens Junie.
Binnelanders

Arendsvlei
Hierdie maand sien ons mense se ware kleure, beleef ons nóg ’n verlowing en daar verskyn ook ’n ou gesig wat een spesifieke familie onder hul voete sal uitslaan! 

Vroeg in die maand let Caleb op dat Morne besig is om navorsing te doen oor ’n ontstellende onderwerp. Morne kom nie agter dat Caleb iets vermoed nie en gaan voort met sy plan om vir Jono te vermoor. Ná skool volg Caleb stilletjies vir Morne na die park en sien al die beplanning wat hy gedoen het en al die besittings wat hy het van Alta-Marie. Sal Caleb betyds vir Alta-Marie en Jono kan red?



Noudat Angel alles deur gedink het rakende haar swangerskap, en met Ingrid se hulp, besluit sy om vir Priester te vra om te trou. Angel wil haar baba grootmaak saam met haar kind se pa en in ’n gelukkige huis. Dit werk natuurlik alles perfek uit vir Ingrid en Dorothy se planne om die Le Fleur-familie en hul geld vir ewig aan hul kant te kry. 

Een van Arendsvlei se oud-onderwysers maak weer ’n draai in die Vlei en dit is niemand anders as Nicolene nie! Nicolene het aansoek gedoen vir die lewenswetenskappos by die skool tot almal se verbasing. Kykers sal onthou dat Nicolene en Anton se verhouding nie uitgewerk het nie en hy teruggekeer het huistoe met ’n gebroke hart. Hoe sal hy reageer as hy sien Nicolene is weer terug in Arendsvlei


Binnelanders
Die winde van verandering waai nog sterk deur die gange van Binneland Kliniek wanneer Binnelanders se splinternuwe seisoen op Maandag 6 Junie om 19:30 op kykNET begin. 



Annelize Roux, die nuwe HUB van die hospitaal, het haar hande vol wanneer dit wil voorkom of Conrad Bester net nie wil vrede maak met die feit dat sy nou aan die alleen aan stuur van sake staan nie. Annelize se eerste oorwinning mag dalk ook haar laaste wees wanneer sy ’n myngroep kry om Steve Abrahams se brand-eenheid te borg – maar Steve is glad nie te vinde vir die Bassons of Magalies Mining nie.

Op die tuisfront gaan dit nie veel beter met Steve nie, aangesien Ruan se nuwe fokus, Lani Prinsloo, ’n wig tussen hom en sy seun dryf. Kupido dryf almal na raserny, want dit is nie net Uys Wagener wat uiteindelik oorgaan tot aksie in die departement van die liefde nie – selfs Zee Jordaan se hart begin vinniger klop vir die mees onwaarskynlikste kandidaat.



Gaan Liam Vorster sy verlede en sy hede van mekaar kan skei, en kan verklaar waar hy was vir die laaste maand? En gaan die man wat aan Annelize se deur kom klop, vir haar kan verklaar hoekom hy so lank gewag het voor hy sy opwagting maak? Bloed, sweet en trane is wat nodig is om ’n koninkryk te herbou na ’n hewige storm – maar wat as daardie storm nog net die begin was? At Koster is nie die tipe vyand wat jy ooit wil maak nie, maar na die stof gaan lê het oor die gebeure in Mei, is daar ongetwyfeld meer as een rede vir die man om sy aandag vierkantig in Pretoria te vestig! 

Daar’s ook groot nuus vir Binnelanders-aanhangers Dawid Opperman, soos gespeel deur Deon Lotz, maak sy verskyning op Vrydag 10 Junie, in die sepie. 

Dawid Opperman is ’n onafhanklike konsultant wat deur BlueCor aangestel word om die projekbestuur van die super ‘ER’-bouprojek te ondersoek en reg te ruk. Op die oog af is hy suskesvol, saaklik en reguit. Hy dwing gesag af sonder veel moeite en steur hom nie aan werkpolitiek nie – en hy is beslis nie hier om speletjies te speel nie. Hy is uiters professioneel en bekwaam, en is dus eers nie mal oor Annelize Roux nie. Wanneer hy Annelize ontmoet is hy aanvanklik skepties oor haar vermoëns, en haar negatiewe houding teenoor hom help nie. Maar hy kom gou agter dat sy ’n werkesel is en haar goed van haar taak kwyt, nie net in haar posisie as CEO nie, maar ook as ’n bekwame dokter. Dawid het beslis nie ’n wag voor sy mond nie, en hy sê presies wat hy dink – of so lyk dit...


Getroud met rugby
Pine besluit om sy aandeel in SinBin te verkoop en nuwe weivelde te gaan soek. Kristien is hartgebroke oor die nuus. Gaan sy hom finaal verloor? Ryno en Anastasia se lewens word verdergekompliseer wanneer Anastasia skokkende nuus ontvang.


 

Almal is in rep en roer oor die “Fabulous Vastrap”-danskompetisie.

Jana raak agterdogtig oor Schalk en Riana se vriendskap. Dinge tussen Bibi en Amanda raak lelik wanneer Bibi van Amanda se geheimuitvind.




Kristien word ontvoer en moet om haar lewe veg. Nesie se familie plaas druk op haar en Buks om Petro se pleegouers te word, en Koekie gaan ’n weddenskap aan om “die waarheid te praat.”


Suidooster
Die seisoene het gedraai en al word die aande koeler en die dae korter raak dinge vuurwarm (vir sommiges té warm) in Ruiterbosch die maand. Rhafiek moet met sy dade saamleef en woord gejaag deur sy skuldige gewete. Wade en sy nuwe liefde is in die wolke en gereed om die wêreld te verower as Ruiterbosch se nuwe powercouple.



Wade maak groot besluite ten opsigte van werk en sy toekoms met Angie wat hom aanpor om sy volle potensiaal te bereik. Elana se lewe raak skielik vol en sy oorweeg selfs om liefde weer ’n kans te gee. Tim en Zoe se uitdagings, intriges en aksie bereik ’n punt wat niemand sien kom het nie. Hulle word uitgedaag tot die uiterste en moet baie vinnig groot besluite maak.



Nuwe gesigte, ou skandes, nuwe liefde en benoude katte wat benoude spronge maak is alles deel van die mense van Ruiterbosch se lewe die maand. As jy jou oë knip gaan jy iets mis, so maak seker jy mis nie ’n episode die maand nie. 

Onthou om weeksaande in te skakel vir jou gunsteling kykNET-sepie en ons saam te gesels op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerke #Arendsvlei, #kykNETGMR, #Suidooster en #Binnelanders te gebruik.