Logo
Koekedoortjie
web uni tv guide

Koekedoortjie

144KosprogramFamilie

Suidooster: Die reuk van appels én erfenis

Nuus
12 Mei 2018
Ons bak vir erfenis saam met Suidooster se Gideon Lombard en Simone Biscombe.
Koekedoortjie Die-Reuk-van-Appels

Foto: Getty Images

In vandeesweek se episode van Koekedoortjie het ons jong bakkers gebak vir erfenis. En vir dié spesiale geleentheid het ons ingeloer by Suidooster se Gideon Lombard en Simone Biscombe.

KRY EPISODE-WENNER WICUS SE RESEP HIER

Gideon Lombard:

  1. Wat dink jy beteken ons Koekedoortjies vir Suid-Afrika se erfenis?
    Dit is wonderlik om te sien dat daar ’n nuuskierigheid oor Suid-Afrikaanse kos onder jonger generasie geweek word. Dit beteken dat ons kos, ’n groot steunpilaar van ons kultuur, voortgesit word. Daarmee word die identiteit en geskiedenis van ’n kultuur nie net oor tyd bewaar nie, maar ook gekoester.
     
  2. Watter gereg laat jou dink aan jou kinderdae en hoekom?
    Pannekoek met suurlemoen, bruinsuiker en kaneel. As dit gereën het in Namibië, was die reuk van pannekoek en kaneel oral in die dorp.
     
  3. Die reuk van ______ laat my dink aan my kinderdae.
    Die Reuk van Appels. Dis natuurlik ook die titel van ’n aangrypende roman deur Mark Behr, waarvan ek die verhoogweergawe gedoen het! Maar, kleintyd was ek gek oor appels. 

Gideon het onlangs weggestap met ’n Fiësta-toekenning vir sy toneelspel in Die Reuk van Appels en met ons gesels kyk die video hier

KYK OOK: ONS GROET VIR KOEKEDOORTJIE SE EVAN

Simone Biscombe:

  1. Wat dink jy beteken ons Koekedoortjies vir Suid-Afrika se erfenis?
    Bak is ’n kuns wat stelselmatig besig is om uit te sterf, maar tog is dit ’n belangrike deel van ons erfenis. As klein kinders nog bak, sal hierdie tradisie nog kan voortleef.
     
  2. Watter gereg laat jou dink aan jou kinderdae en hoekom?
    Enige bredie sit ek graag vir gaste voor. 
     
  3. Die reuk van ______ laat my dink aan my kinderdae.
    Die reuk van naeltjies laat my dink aan my kinderdae. My ouma het altyd haar eie steak en kidney-pastei gemaak, en ek het haar altyd dopgehou soos sy die deug uitrol met die vulsel wat besig is om in die agtergrond te kook.

KYK OOK: WICUS TOOR MET BROOD

Koekedoortjie saai Woensdae om 20:00 op kanaal 144 uit. Moenie die volgende aflewering misloop nie. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Koekedoortjie.