Logo

Die perfekte vakansie – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
02 Januarie 2020
Dit is nie altyd maklik om vir die eerste keer saam met jou geliefde weg te gaan nie, maar met hierdie wenke sal jou vakansie onvergeetlik wees (vir al die regte redes!).
Vakansietyd

Moet nie die heeltyd in mekaar se hare wees nie.

Geen paartjie moet hulle eie selfstandigheid prys gee deur die heeltyd by die ander persoon te wees nie. Waaroor gaan julle dan gesels in die aande?

Beheer die onrealistiese verwagtinge.

Die lewe is nie die perfekte romantiese komedie nie. Aanvaar dat elke liewe oomblik van elke dag nie perfek – of romanties – gaan wees nie. Onthou om ook baie saam te lag.

Die doel van die vakansie.

Natuurlik is dit ’n spanningsvolle ervaring om met vakansie te gaan – het ek alles ingepak wat ek gaan nodig hê? Het ek die vliegtuigkaartjie onthou? Het ek die kar gehuur? Die beste raad hiervoor is om te onthou – soos by die bogenoemde punt – om net pret te hê en die vakansie te vat soos wat dit kom.

Doen iets waarvan julle hou.

’n Gesonde verhouding bestaan uit kompromieë. Net omdat jy die heeldag wil sonbaai beteken dit nie noodwendig dat jou ander helfte ook daarvan hou nie.

Moet nie besitlik wees nie.

Alhoewel jy 24 uur per dag by jou spesiale persoon wil wees, is dit nie altyd moontlik nie. Dalk moet hy ’n werk-oproep neem of met sy ma praat. Moet nie jaloers raak nie, inteendeel, gaan doen dan inkopies. ☺️

Die perfekte balans.

Maak tyd om saam te lag, romanties te wees en ook om avontuurlustig te wees.

Sit weg daardie foon.

Nie alles hoef op sosiale media leef om te gebeur het nie...

Onthou om tydens julle vakansie ook in te skakel vir die nuutste episodes van Boer soek ’n vrou en ook saam te praat op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.