Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

Die laaste mylpaal – Plaasjapie

Nuus
05 Oktober 2022
Twee stadsjapies bly oor, maar net een kan die plaas verlaat met ’n miljoen!
Plaasjapie Dian vs Stefan

Stefan

Stefan se kalm benadering tot hierdie proses het hom tot in die finaal gekry. Alhoewel Stefan dalk nie so ‘hard’ gespeel het soos van sy spanmaats nie, het hy dit reggekry om deur elke stem te kom sonder om in die kollig geplaas te word of op enige iemand se tone te trap.

Deur die loop van die reeks het dit nooit gevoel of Stefan in gevaar is nie. Hy het aktief drama vermy, probeer om nie in die middel van enige konflik te kom nie en ’n goeie verhouding met sy spanmaats behou. Stefan moes wel ook ’n paar groot besluite maak wat bepaal was deur wie hy voel die grootste bedreiging tot sy spel is en sodoende het hy sy plek in die top twee bevestig.

Kyk hier hoe hulle die finaal bereik het:

Dian

Dian se persoonlike verhoudings met almal op die plaas is wat hom tot by die laaste episode van die reeks gekry het. Hy het seker gemaak dat hy met almal ’n verhouding bou en iets vind met elke liewe deelnemer om ’n belangrike konneksie te vorm binne en buite die program.

Dian was dalk nie ’n groot bedreiging met fisiese uitdagings nie, maar hy het ook meer as genoeg bygedra in die kompetisies sowel as die plaaslewe om nie as ’n agteros gesien te word nie. Hy het gewys dat goeie kommunikasie en emosionele konneksies ’n pad kan oopmaak wat reguit na die finaal lei!

Skakel môreaand om 20:00 in op kanaal 144 om uit te vind wie die heel eerste #Plaasjapie gaan wees!