Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Die laaste kans – Boer soek ’n vrou

Nuus
13 Maart 2023
Tyd raak min vir die boere om hulle laaste en grootste besluit te maak!
BSV Ep9

Die familiebraai is elke jaar ’n belangrike geleentheid vir die boere om te sien hoe hulle pasmaats oor die weg kom met hul geliefdes en om ook ’n ander perspektief te kry oor die pad vorentoe. Alhoewel die braai dié vyf boere se besluite beslis gaan beïnvloed, is dit die alleentyd hierdie week wat baie moontlik die groot keuse gaan bepaal. Hier is hoe dinge tans staan op elke plaas:

Boer Francois

Lorinda glo dat Boer Francois reeds sy besluit gemaak het. Tydens die familiebraai het sy gevoel dat dié boer se aandag meer op Vanessa is, maar Francois het teen die einde van die aand genoem dat hy nog glad nie sy keuse gemaak het nie. Inteendeel noem hy dat hierdie besluit nog meer ingewikkeld is weens sy ouderdom en die feit dat vorige verhoudings wat nie gewerk het nie ook ’n rol speel in hoe hy hierdie baie moeilike keuse gaan maak.

Boer Philru

Boer Philru is die enigste boer wat genoem het dat hy na die braai baie meer duidelikheid het oor sy besluit. Sy vriende glo ook dat hy reeds weet wie hy gaan vra om te bly op die plaas. Gaan die alleentyd sy opinie versterk of moontlik verander? Ons sal moet wag en sien!

Boer Hennie

Rachelle beskryf Hennie as ’n toe boek en dus het die dames geen idee of dié boer al sy besluit gemaak het nie! Hennie noem ook dat hy tot dusvêr gemaklik is met die besluite wat hy gemaak het, maar dat hy nou sy tyd wil neem om behoorlik tyd met elk van die dames te spandeer sodat hy nie, soos in die verlede, te vinnig aan beweeg nie.

Boer Louis M

“Ek het nie ’n idee waar ek staan nie en dis irriterend.” Hierdie woorde is gepas vir albei pasmaats wat graag sekerheid vanaf Louis M wil hê. Dit was duidelik by die familiebraai dat Boer Louis M nie meer aandag aan een van die dames as die ander gee nie, maar beide pasmaats sukkel beslis om vrede te maak met dié situasie. Louis M noem ook dat hy werklik omgee en aangetrokke voel tot beide dames, maar met alleentyd op die horison gaan Louis M vinnig moet besluit met wie hy verder hierdie pad (in sy crocs) wil stap.

Boer Louis B

Louis B se geliefdes het heelwat goeie kwaliteite in beide dames gesien, maar woorde soos “sterkte” en “ek’s bly ek’s nie jy nie” gee nie vir dié boer die antwoorde wat hy so dringend benodig nie. Boer Louis B hoop dat die duidelikheid sal kom wat sy besluit net bietjie makliker kan maak, maar soos dinge nou staan gaan die alleentyd hierdie week ’n reuse rol speel en hopelik dié boer se hart gerus laat voel.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in en gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram te gebruik.