Die Groote Kerk in Kaapstad vier vanjaar sy 350ste bestaansjaar. ’n Besondere Kerssangdiens het deel gevorm van hierdie feesjaar.
Die program het bestaan uit verskeie koorwerke wat opgevoer is saam met van die Moederstad se voorste soliste en orkeste. Die kerk se reuse orrel het ook tot sy volle reg gekom.
Dit het gesorg vir ’n skouspel wat van die mooiste Kersmusiek ingesluit het.
Vanjaar het egter die grootste verwagtinge oortref. Stoele is ingedra en mense het in paadjies gestaan. Die program was vol verskeidenheid en van die beste Kersmusiek kon gehoor en waardeer word.
Wat 'n besondere manier om die 350 jaar se feesvieringe mee af te sluit. Die Groote Kerk Kerssangdiens sal op 25 Desember om 08:30 op kykNET & kie uitgesaai word, en om 10:00 ook op kykNET te sien wees.
Moenie hierdie spesiale Kersdiens misloop nie.