Logo

Die groot besluit – Boer Soek ’n Vrou 13

Nuus
14 Maart 2021
Vanjaar se boere moet binnekort hulle laaste en mees belangrike besluit neem. Ons het hierdie week meer insig gekry oor hoe die boere en die pasmaats voel op dié stadium van die proses.
Screenshot 2021 03 14 at 17

Niel is steeds onseker oor die besluit wat hy moet maak en voel dat die min tyd wat hy oor het met sy pasmaats vir hom die regte aantwoord sal bring. Chereze is bekommerd oor die hoeveelheid tyd wat sy alleen met Niel kry terwyl Monique slegs gefokus bly op haar en Niel se spontane interaksies.

Albert hoef nie dieselfde besluit as die ander boere te maak nie, maar dit beteken nie sy reis is verby nie. Dié boer het wel die geleentheid gekry om sy pasmaat, Marlia, beter te leer ken en uit te vind of daar ’n konneksie is wat kan voortduur na die reeks.

Boer Richann was eerlik oor die feit dat hy sterker voel oor een van sy pasmaats, maar dat dit nie beteken sy keuse is finaal nie. Albei sy pasmaats het ’n goeie indruk gemaak by die braai en René het bevestig dat sy na dié aand definitief wil hê dat Richann haar moet kies.

Marinel en Marné is albei gereed om ’n pad saam met Déan te loop. Dié dames was oop oor hulle gevoelens vir Déan en sien baie potensiaal vir ’n verhouding met hom. Die boer voel dat hy reg is om die regte besluit te maak, maar nog nie seker is wat daardie besluit gaan wees nie.

Boer Kobus het hierdie week genoem dat hy aangetrokke voel tot albei dames, maar nog nie genoeg om ’n verhoudig te begin nie. Hy is baie bang om ’n fout te maak en wil seker maak hy neem alles in ag voordat hy die moeilike keuse moet maak. Lynette en Maxie sien beslis potensiaal in Kobus, maar weet nie wie hy gaan kies om langer te bly nie.

Moenie vergeet om hierdie Donderdag om 20:00 in te skakel nie en gesels gerus saam op Facebook, Twitter en Instagram.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel