Logo

Die gelukkige einde (hopelik) – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
28 Maart 2021
Gaan die boere se keuses moontlik lei na die kansel?
BSV Article Happy ending

Vandeesweek se episode van Boer soek ‘n vrou het al die elemente van ‘n goeie romantiese komedie gehad: Daar was drama, trane en die romantiese gelukkige einde.

Op #BoerRichann se plaas was daar absolute vrede gewees toe Richann vir René vra om langer op die plaas te kuier. Marizel het dié uiteinde verwag en was baie bly vir dié paartjie wat sy as ‘ ‘n match made in heaven’ beskryf het.

Ons het so gehoop dat die bogenoemde ook die geval sou wees op #BoerKobus se plaas, maar mens kry nie altyd waarvoor jy wens nie. In die grootste skok van die seisoen het Kobus besluit om vir beide Lynette en Maxie huis toe te stuur omdat hy bang was dat hy ‘n fout sou maak indien hy een pasmaat gekies het.

#BoerDean se finale keuse was ook ‘n verrassing toe hy aan Marciel erken het dat hy met die ‘onbekende persoon’ ‘n konneksie gevorm het wat hy nie verwag het nie. Dié ‘onbekende persoon’ was niemand anders as Marné gewees nie – ons kan nie wag om te sien wat die toekoms vir die twee mense inhou nie.

Daar was ‘n emosionele, spanningsvolle atmosfeer wat op #BoerNiel se plaas geheers het. Hy het deurgaans sy emosies vir homself gehou deur die loop van die seisoen van Boer soek ‘n vrou. Sy finale keuse, wie se familie hy binnekort gaan ontmoet, is Chereze.

Vir die van julle wat gewonder het waar #BoerAlbert en Marlia was tydens vandeesweek se episode – moet nie bekommerd wees nie. Ons loer weer volgende week in by die tweetjies om te sien of die liefde al begin blom het.

Om in te haal met al die drama op Boer soek ‘n vrou gaan na Showmax en onthou om volgende week in te skakel en saam te gesels op Facebook, Twitter én Instagram.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel