Logo
Hotel

Hotel 3: Kyk wie is terug!

Nuus
31 Augustus 2018
Welkome nuus vir alle Hotel-aanhangers.
Hotel_Nuusflits 1600 x 640

Hulle gaan dalk nie in die geskiedenis afgaan as die beste personeelgroep nie. Dalk ook nie as die flukste of hulpvaardigste nie. Maar dié kleindorpie-personeel van Fransenburg het om ander redes in ons harte ingekruip.

Julle het reg gehoor – Ferdie en kie maak vir ’n derde keer ’n draai in ons sitkamers.

En wie beter om reg aan die aweregse karakters te laat geskied as draaiboekskrywers Bennie Fourie, Stiaan Smith, Ryan Metcalfe en Beer Adriaanse. 

Kyk hier na blapse vanuit die vorige seisoen. 

Die seisoen het ook heelwat onverwagte kinkels. So, verwag die onverwagse – want soos julle nou al goed weet, loop niks volgens plan in die Fransen Hotel nie.

Kyk Hotel 3, vanaf Januarie 2019 op kykNET DStv-kanaal 144