Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Die drama loop hoog hierdie Mei! – Arendsvlei

Nuus
05 Mei 2022
Hier is wat dié maand voorlê in #Arendsvlei!
Arendsvlei Mei 3

Hierdie maand is dinge vuurwarm in Arendsvlei! Ingrid (Rehane Abrahams) en Ronnie (Dean van der Ventel) se plan om Angel (Chelsea Thomas) en Priester (Whaden Johannes) bymekaar te kry, is volstoom aan die gang. Maar Ingrid moenie te vinnig dink alles tel in haar guns nie! Daniel (Cantona James) het nog nie moed opgegee dat hy Angel van Ingrid moet red nie, so Ingrid sal moet versigtig wees. En arme Angel is in die middel van alles en sit met ’n groot probleem teen die einde van die maand. Sal Daniel vir haar uit hierdie probleem kan red?

Ons ontmoet ’n nuwe leerder, Morne Jonkers (Marunzo Thomas). Beatrice (Jolene Martin) hou van die begin af van hom, maar die beheerraad is nie oortuig nie. Morne is glad nie so onskuldig soos hy voorkom nie. Soos die onderwysers en leerders hom leer ken, besef hulle hy kan nie sy woede-uitbarsings onder beheer hou nie. Dinge raak so erg dat hy sessies met Alta-Marie (Roeline Daneel) moet bywoon, maar voor sy weet raak Morne so obsessesief teenoor haar dat haar lewe in gevaar is. Sal Alta-Marie betyds gered word? 

En dan is kykers se geliefde karakters Tally (Rory Avenstrup), Parra (Johnny Isaacs) en Laetitia (Quanita Adams) almal terug in die Vlei. Tally en Parra daag weer in Arendsvlei op vir ’n besigheidsidee en is stomgeslaan as Laetitia hulle kontak. Dié drie stem ineen om ’n besigheid te begin, maar ons sal maar moet sien hoe dinge gaan uitwerk. 

Skakel in vir Arendsvlei, Maandae tot Donderdae om 19:30, slegs op DStv-kanaal 145. Volg ons op TwitterFacebook en Instagram, en gesels saam deur die hutsmerk #Arendsvlei te gebruik.