Logo
Die Spreeus
web uni tv guide

Die Spreeus

144Riller16VL

Die bouval op Wilgerdal (Deel 1) – Die Spreeus

Nuus
09 April 2019
Emmie en die skyndood uiteengesit.
Die Spreeus Die Bouval van Wilgerdal

Foto: Lea Vivier in die eerste episode van Die Spreeus

deur Tertius Kapp

Die ou mense het in absolute vrees geleef vir die “skyndood”. Dit het so ver gegaan dat sommige begrawe is met ’n toutjie om hulle vinger. Dit was dan gekoppel aan ’n klokkie in die opsigter se kantoor, waar hy moes sit en wag in geval een van hulle lui…

Ek is nog altyd gefassineerd deur die idee van die skyndood. Wat sou iemand wat terugkom uit so ’n toestand kon vertel? Is daar regtig ’n tonnel en ’n lig? Is dit ’n optiese effek in die visuele korteks? Is daar enige waarheid in die “21 gram-eksperiment” (volgens sommige, die verskil in massa tussen ’n lewende liggaam en ’n lyk)? Wat van mense wat wakker word uit komas met ander aksente?

Hierdie episode was eintlik een van die laastes wat ek geskryf het. Die idee was om eers vir Bas, Beatrice en Rosa goed te leer ken, en dan ’n episode te gebruik om vir die kykers te laat sien wie hulle is (of altans voorgee om te wees).

LEES OOK: ONTMOET DIE SPREEUS

Maar in die skryf was daar elke nou en dan in my agterkop ook ’n stemmetjie wat grom: “Watwo!” Dit was Langenhoven se bekende uitroep. Hy was by verre die grootste skrywer en versamelaar van Afrikaans se ryk skat spookstories, en só ’n reeks moes hom darem op een of ander manier erken.

Gelukkig was hy ook gefassineerd met die skyndood. Hy het ’n paar stories daaroor geskryf (of eerder “opgeteken” – hy beweer dat dit alles volksverhale is wat hy bloot neergepen het).

Die bouval op Wilgerdal is een van sy klassiekes. Die “versteurde” Emmie het my veral getref. Haar man was oënskynlik dood. Sy beweer dat sy liggaam oorgeneem is deur iets anders, en dat sy kommunikeer met sy gees. (Vandag sou hulle haar waarskynlik as skisofreen diagnoseer, en wegsit iewers. ’n Paar eeue vroeër kon sy op die branstapel beland het.)

KYK: SÓ HET DIE SPREEUS LEWE GEKRY

Hierdie weergawe is ’n baie los interpretasie van die oorspronklike, maar Emmie en Petrus is steeds daar. Die laaste spyker was om die storie lekker visueel te maak. ’n Bietjie “spookskrif” (dermatografie) en die geheimsinnige “Lasarusplant” was die antwoord, en skielik wonder mens hoe onskuldig Emmie nou eintlik is…

Moenie ’n oomblik van die spanning misloop nie. Gebruik die hutsmerk #DieSpreeus op FacebookTwitter en Instagram, en laat weet ons of jy bang is. Kliek hier vir meer inligting. Die Spreeus begin op 3 Oktober op kykNET&kie, kanaal-145.