Logo

Die belang van Lesotho

Nuus
04 Maart 2015
In gisteraand se episode van Insig is die begrotingsrede sowel as die naweek se verkiesing in Lesotho bespreek. Prof. Anthoni van Nieuwkerk, politieke ontleder by Wits, het verduidelik hoe belangrik politieke stabiliteit in die bergkoninkryk vir Suid-Afrika is.
Artikel_image

Lesotho is as't ware nog 'n provinsie en indien daar erge onstabiliteit is, het Van Nieuwkerk gesê, sal Suid-Afrikaanse sake-ondernemings eerstens daaronder ly. Met die vorige rondte politieke onrus is takke van Checkers en OK Bazaar daar afgebrand. Tweedens sal ons 'n humanitêre rol moet vervul en hulp moet verskaf aan vlugtelinge oor die grense, én die weermag moet instuur om sake te beredder.

"Dit sal 'n groot druk op ons fiskus plaas," het Van Nieuwkerk gesê.

Indien dit voortduur, kan buitelandse betrokkenheid verdwyn en sal Suid-Afrika alleen verantwoordelik wees.

Onstabiliteit in Swaziland sal soortgelyke probleme veroorsaak, maar die verskil is dat demokrasie reeds meer gevestig is in Lesotho.