Logo

Die 10de kykNET Fiëstas: Hier is die wenners

Nuus
09 Februarie 2020
Die 10de kykNET Fiëstas is op Sondag 9 Feburuarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou en regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.
Fiestas

Casper de Vries was op sy stukke as seremoniemeester en is deur Dean John Smith, June van Merch en Success Lekabe as mede-aanbieders bygestaan. Die gaskunstenaars, Amanda Strydom, Emma van Heyn, Germandt Geldenhuys, Ilse Klink en Nataniël, het tot die sukses van die aand bygedra.

Die gehoor was ook met optredes deur die opera-sanger, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), komediant Ian Young, die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Cape Town Opera Chorus en die New World Dance Theatre bederf.

Dit was ‘n besonderse aand, met dié dat die tiende bestaansjaar van die kykNET Fiëstas vanjaar gevier word. Dié gesogte toekenningsgeleentheid is in 2010 in die lewe geroep – nie net om erkenning te gee aan grensverskuiwende en gehaltewerk wat op feesverhoë op- en uitgevoer word nie, maar ook om saam met ander rolspelers die skep van kreatiewe werk in Afrikaans te koester en te bevorder.

Karen Meiring, M-Net Direkteur:  kykNET-kanale: “John Kani het verlede jaar tydens die Fiëstas gesê: slegs die kunste kan ons (Suid-Afrika) verenig. In ‘n land met só komplekse verlede, en soveel uitdagings wat ons daagliks konfronteer, het kunstenaars ‘n verantwoordelikheid en plig om leiers te wees in hoe ons die toekoms verken en verstaan. kykNET se ondersteuning is gewaarborg vir werk wat ‘n kollektiewe ervaringswêreld skep, deur inhoud van gehalte wat resoneer.”

Geluk aan die wenners:

BESTE AKTEUR:

Brendon Daniels – Queenie-hulle

BESTE AKTRISE:

Antoinette Kellermann – Koningin Lear

BESTE MANLIKE BYSPELER:

Edwin van der Walt – Koningin Lear

BESTE VROULIKE BYSPELER:

Devonecia Swartz - Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE REGIE:

Brett Bailey – Samson

BESTE TEATERONTWERP:

Wolf Britz – Statements After an Arrest Under the Immorality Act

BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING:

Sandra Prinsloo – Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell.

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:

Christo Davids – Queenie-hulle

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:

Cantona James – In Slawenhuis 39 & Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:

José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:

Jean Theron Louw (beeldhouer) – My Afrika-wildehonde

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:

kykNET-Verjaarsdagkonsert

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:

Eet Kreef! (Frank Freeman & Etienne van Rooyen)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:

Samson

BESTE AANBIEDING:

Queenie-hulle

BESTE DUO OF ENSEMBLE:

Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:

Koningin Lear

FEES VAN DIE JAAR:

Innibos

BLOU FIËSTA:

reWOLusie

LEWENSBYDRAE TOT TEATER:

Elize Cawood

Janice Honeyman

Pieter-Dirk Uys

Virginia Davids

 

Vir meer inligting, kontak gerus vir Lindi Herbst by [email protected] of 083 289 2312.