Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Devonecia Swartz – Arendsvlei

Nuus
24 Desember 2021
“Sy is sterkter as wat sy lyk” - Devonecia Swartz oor haar Arendsvlei-karakter, Eva.
DEVONECIA SWARTZ – ARENDSVLEI

Vertel ons meer oor Eva, jou nuwe karakter in Arendsvlei?
Eva Jonkers is Langes se jonger suster wat vir die afgelope twaalf jaar gevange gehou word deur haar man, Mario Bruinders. Na die jare se fisiese en emosionele mishandeling, het Eva geheg geword aan Mario en sy glo dat hulle mekaar rêrig liefhet. Sy is trauma bonded aan Mario wat mens laat dink dat sy aan Stockholm sindroom ly. Haar broer probeer haar uit die giftige omgewing te red, maar Eva glo dat sy nie in gevaar is nie. Sy besef nie dat sy hierdie emosionele band gevorm het omdat dit haar manier is om seker te maak dat sy nie doodgemaak word nie- sy doen dit alles om te oorleef. 

Eva is tans in ’n abusive huwelik met Mario. Hoe het jy haar aangepak in die lig van geslagsgeweld euwel in ons land?
Aan die begin het ek baie artikels gelees en videos gekyk oor die sielkunde van abuse en die captor-captive verhouding . Om eerlik te wees, was dit nogal oorweldigend om te weet dat Eva baie mense verteenwoordig, veral in ons land. Ek het geweet ek mag haar nie ‘verkeerd’ kry nie en die enigste manier wat ek dit kon regkry was om die teks en haar te vertrou. Toe ek die eerlikheid in haar pyn en omstandighede sien, het ek geweet dat ek op die regte pad was.  

Jy is bekend vir teater en het al paar TV werk gedoen. Wat beteken dit vir jou om nou deel van die Arendsvlei-span te wees?
Dit is 'n groot voorreg en eer om in die Vlei te wees, veral om iemand soos Eva te kan speel! Om voor ‘n kamera te werk is 'n monster op sy eie, maar ek leer elke dag om myself te vertrou en ek leer ook baie van my medespelers en regisseurs af.  

Vertel ons meer van jou agtergrond – waar is jy gebore, waar het jy studeer en was toneelspel nog altyd jou eerste keuse?
Ek is van Eersterivier in die Kaap en het twee drama grade op die Universiteit van Stellenbosch gevang. Ek wou nog altyd 'n aktrise word, alhoewel ek eers meer van 'n sangeres geword het. Musical theatre is waar ek eendag hoop om op te eindig.   

Wat dink jy sal kykers verras van Eva?
Sy is sterker as wat sy lyk en ek dink dit is 'n fantastiese avontuur vir die gehoor om haar te sien groei as mens.

Wie is vir jou ’n rolmodel in die plaaslike vermaakbedryf?
Daar is so baie mense wat ek na opkyk, maar die twee vrouens wat my inspireer is June van Merch en Anna-Mart van der Merwe. Hulle albei het my geleer hoe om 'n team player te wees, net in hulle menswees en werksetiek.

Dan ook my mentor, Edwin van der Walt, wat ondersteuning en motivering gee om elke groeiproses te koester, en wat altyd gereed staan om te luister en om raad te gee.  

Wat ander program op kykNET en/of kykNET&kie kyk jy graag?
Ek het nounet Nêrens, Nood-Kaap begin binge en dit breek my hart, dis so mooi!  

Dit blyk asof hierdie slegs die begin van groot dinge vir jou is – watter tipe karakter(s) sal jy nog graag wil vertolk?
Ek hoop en bid so!

Ek wil baie graag iemand speel wat hardgebak is, 'n no nonsense tipe karakter- ek dink dit sal 'n lekker uitdaging wees. Maar ek wil ook karakters speel wat meer soos ek is, wat uit hul maag lag en wat kleurvol is. Ek sal ook graag meer Engelse rolle wil vertolk.

So...alles, ek wil alles speel.   

Som Devonecia op in drie woorde…?
Geseënd. Luidrugtig. Geel.

En laastens, wat het jy geleer uit jou karakter Eva? En watter advies kan jy deel met vroue wat dalk in soortgelyk omstandighede is?
Dit klink eenvoudig, maar ek het geleer om ander nie te oordeel nie. Ons almal het ons eie opinies van mense in sekere omstandighede, maar ons weet nie werklik hoe dit voel om in daardie situasies te wees nie. 

Baie mense sê dat jy moet wegbreek van die verhouding af en ek glo ook so, maar ek dink dit is belangrik om te hoor: jy is groter as die wêreld wat vir jou geskep word. Jy verdien meer as wat vir jou gegee word. Daar is mense wat dit hulle plig maak om jou te help en hulle wil jou ook help. Jy maak saak.