Logo

Deur die oë van René van Rooyen – Toorbos

Nuus
10 Julie 2020
Toorbos verken die ontworteling van ’n jong bosmeisie tydens die tydperk van die finale bosbewoners in die Suid-Afrikaanse Knysna-bosse van die 1930’s.
TB Social Kit kykNET 1600x640

Toorbos speel af in die 1930’s in die tyd van die laaste bosbewoners van die ongelooflike Knysna-bos. Dit vertel die verhaal van Karoliena, ’n jong boskind wat in armoede gebore word en in soortgelyke omstandighede grootword. Sy is die enigste dogter van ’n onsimpatieke en haatdraende ma. Haar liefdevolle pa sterf wanneer Karoliena sewe jaar oud is, waarná sy die bos as haar enigste voog “aanneem”.

Sy word ’n slim en pragtige jong vrou wat gou die aandag trek van Johannes, ’n suksesvolle besigheidsman van die dorp wat haar belowe om haar weg te neem van haar armoedige bestaan. Betower deur hom en die vooruitsigte van sy lewe, stem sy in om na Knysna toe te gaan waar sy opgelei word om ’n gerespekteerde dame te word …

Maar die dorp en die bos is in skrille kontras met mekaar. Die bos is magies, mities en spiritueel. Die dorp draai rondom ’n selfsugtige soeke na geld. Wanneer Karoliena besef dat sy haar kosbare vryheid vir ’n hok verruil het, is dit te laat – en sy is vreesbevange.

Kort ná haar troue loop sy weg terug na die bos toe. Johannes spoor haar daar op en onthul dat die bos se dae getel is, aangesien die regering binnekort beplan om van al die bosinwoners ontslae te raak.

Ons storie volg Karoliena terwyl sy vasgevang is tussen haar liefde vir die bos en die man waarmee sy getroud is, terwyl sy probeer om die hindernisse op haar reis te oorkom om te kan besluit waar haar plek in die wêreld werklik is.



“Terwyl ek die die eerste keer die boek gelees het, het Dalene Matthee se roman en sy sensitiewe en diep nagevorsde sielkundige verkenning van Karoliena Kapp my betower. Karoliena se soeke na persoonlike vryheid en om getrou aan haarself te wees, maak haar iemand om te bewonder vir haar absolute vasberadenheid en braafheid. Verskeur deur die magte van vooruitgang en haar boshuis, ondersoek dit die verhouding tussen moderniteit en die Anthropocene. Dit speel af in die 1930’s en die impak van kolonialisme en Apartheid op die natuur word weerspieël in die wêreld waarin ons vandag woon. Aan die een kant is daar die druk vir ekonomie van uitdrukking en die toenemende druk van vordering, doeltreffendheid, die praktiese, mag, beheer en geld… en aan die ander kant subtiliteit, die organiese, die wilde, vryheid van gees en onafhanklikheid. Hierdie dualiteite is die sielkundige raamwerk wat Karoliena se karakter druk, trek, ontwortel en toets. Karoliena se storie speel af naas dié van die inheemse woudbewoners en die Knysna-bome. Daar probeer die boswerkers en -families om ten alle koste vas te klou aan hul onafhanklikheid teen die mag van geld en modernisasie. Die inheemse bome word bedreig om vervang te word deur die winsgewende besigheid van denneplantasies, terwyl Karoliena betwoer word deur die vooruitsigte wat ’n dorspman, Johannes Stander, bied. Uiteindelik is daar hoop soos Karoliena, vasberade om getrou aan haarself te bly, haarself toelaat om te ontsnap en uitendelik die man te bevry vir wie sy lief is.” - René van Rooyen – Regisseur