Logo

#DestydsVrydag saam met SAFTAs

Nuus
15 Februarie 2019
Kyk saam met ons terug.
Bloed

kykNET spog vanjaar met talle benoemings by die gesogte SAFTA-toekennings en kan nie meer trots wees nie. Daar is nie ’n beter tyd om terug te kyk na die oomblikke wat uitgestaan het en sekerlik bygedra het tot die sukses van al kykNET se SAFTA-benoemde reekse nie.

Hotel is vir drie SAFTA-toekennings benoem hierdie jaar en het die oog gevang met die kwaliteit wat die hele span, voor en agter die kamera uitvoer. Soos hier gesien, maak selfs Hotel se uitstekende span soms foute.

Binnelanders is beroemd vir hoë-gehalte drama en interessante karakters wat diep in kykers se harte inkruip, maar wie sou ooit Binnelanders se tronkvoëls kon vergeet?

Suidooster is nog ’n kykNET-program wat sekerlik verdien om benoem te word saam met al Suid-Afrika se beste sepies. Die troue tussen Pastoor Ronald en Mrs J is sekerlik een van die mees onvergeetlike oomblikke van die reeks tot dusvêr. 

Die mees onlangse seisoen van Koekedoortjie was weereens ’n reuse sukses en het verral die oog gevang met ’n pragtige stel en uitstekende produksie. Die hoogtepunt van enige reeks waar kykers die reis saam met die deelnemers aanpak, is sekerlik die oomblik wat die wenner aangekondig word. 

Fynskrif se Elana Afrika-Bredenkamp het baie tonge laat klap en was een van baie redes wat dié Safta-benoemde reeks so gewild gemaak het.

Vind uit wie vanjaar bekroon word met ’n SAFTAs-toekenning deur die hutsmerk #Saftas13 te gebruik op FacebookTwitter en Instagram. Wenners word die 2de Maart aangekondig.