Logo

DEKATv terug vir nog ’n seisoen

Nuus
02 Oktober 2015
DEKATv skop af op 11 Oktober om 18:30 en jy word uitgenooi om saam met ons vir die volgende 26 episodes te kuier.
Chris Chameleon
Welkom by die wonderwêreld van DEKATv, en welkom by ons nuwe seisoen in die mooiste, mooiste maand!

DEKATv skop af op 11 Oktober om 18:30 en jy word uitgenooi om saam met ons vir die volgende 26 episodes te kuier. Kom wees deel van ons boeklees, stylvolle avonture en kunskos maak (ons sjef het haar inspirasie al die pad van Viëtnam af gebring!). Ons stel ook ’n nuwe reeks eiendominsetsels bekend, so kom reis die land mee en raak wys met die eiendommark.

In die eerste episode maak ons onder meer ’n draai in Clifton en bring Viëtnam na die kombuis. Moenie dié leefstylreis saam met aanbieder Chris Chameleon misloop nie!