Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Dean van der Ventel boks Arendsvlei disnis!

Nuus
20 November 2021
Vind meer uit oor #Arendsvlei se Dean van der Ventel!
Screen Shot 2021 09 29 at 3

Vertel ons meer oor jou karakter, Ronnie?

Ronnie is ‘n mislukte boks promoter wat enigiets sal doen om geld te maak. Geld dryf hom. Hy is wel baie goed daarin om boks geleenthede te organiseer, maar hy maak sy geld deur onwettige bets te vat. Hy en Lennie ken al mekaar van die dae toe Lennie nog ondergrondse boks gedoen het.

Ingrid en Ronnie het 'n interressante verhouding. Het jy al voorheen met Rehane gewerk? Hoe is dit om saam te werk?

Nee. Ek het vir Rehane vir die eerste keer op die Arendsvlei stel ontmoet. Dit is baie lekker om met Rehane te werk. Sy is ‘n totale professioneel. As ons werk dan werk ons, maar ons het ook ons belaglike snaakse tye agter die skerms.

Het jy enige iets van boks geweet voor Arendsvlei?

Wat ek van boks geweet het was net wat ek op TV gesien het. Ek het nog minder geweet wat ‘n boks promoter doen. So ek moes natuurlik my navorsing gaan doen vir die karakter.

Waarin was jy voorheen te sien?

Teater is my eerste liefde. Ek was nogaltyd betrokke daarin. Ek doen dit al vir 17 jaar. Meer onlangs en net voor die Covid-19 pandemie was ek betrokke by ‘Die Krismis Van Map Jacobs’ toneelstuk deur Adam Small by Kunstekaap en was ook te siene in Die Ellen Pakkies rolprent.

Wie is Dean by die huis?

Dean by die huis is baie rustig en kalm asook ’n bietjie lui. ‘n Perfekte dag vir my is om op my couch te wees en heeldag sport te kyk. Ek kry so nou en dan die gier om lekker kos te maak, maar ek is die braai man in die huis. Ek geniet vreeslik om ietsie op die kole te gooi.

Hoe oud is jy nou?

Ek is 37 jaar jonk.

Van waar is jy oorspronklik?

Ek is oorspronlik van die klein dorpie Malmesbury net so buite kant die stad in die hartjie van die Swartland.

Wanneer het die vermaakgogga gebyt?

Ek dink ek was nogaltyd ‘n bietjie van ‘n drama queen. Ek dink ek was in standard 3 toe ek in my eerste skool opvoering was. Die legende en my mentor Peter-John Davids het my van daardie tyd af begin mold and shape en altyd aangemoedig. Ek sal altyd dankbaar wees vir hom wat my as ‘n laaitie en as een van sy drama kinders aangeneem het.

Teenoor wie sal jy nog wil speel?

Snaaks genoeg, my beste vriend is Christian Bennet wat die rol van Emile February vertolk in Arendsvlei. Die droom is om ‘n storielyn met hom te deel op Arendsvlei. Dan is daar ook natuurlik twee akteurs op wie se talent ek baie jaloers is - Dean Balie wat nou die rol vertolk van Mario in Arendsvlei as ook Marlo Minnaar van die Sara se Geheim-reeks.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

In my vrye tyd speel ek binnemuurse krieket. Ek is ook ‘n karaoke host. Andersins kwaliteit tyd met geliefdes en familie.