Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 9: ‘n Koskenades met (s)kop – Kwarantyn

Nuus
18 Junie 2020
Almal het ‘n ouma of oom wat lekker afval kan kook, maar wat gebeur as jy self moet klaar kom?
Afval 30

Daar was lanklaas ‘n uitdaging op regstreekse-uitsending wat almal se tone so laat krul het van lekkerkry (of jammer kry) soos toe #SpanScheepers en #SpanLeRoux afval en skaapkop (ook bekend as Skop) moes kook.

Dag-9 se koskenades kon niemand sonder ‘n avontuurlustige tong aanpak nie, want om afval en skaapkop te kook verg ‘n ruggraat, en om dit te eet meer as net ‘n pers-strepie in die hare (wat aandui jy is nie bang om iets nuuts te probeer nie).

Net na almal klaar klei-potte gemaak het, het die opsigter die nuutste koskenades-uitdaging bekend gemaak – om 14:30, 'n eerste in Kwarantyn. Maar met goeie rede. Vanaand se uitdaging moet so bietjie langer as gewoonlik kook.

Die deelnemers moes weet toe die opsigter se boodskap lui, “vanaand se koskenades het bietjie van ‘n twist, van die bestanddele gaan lank vat om te kook,” dat iets nuuts op die spel is.

Niemand het ‘n skaapkop en ‘n sak binnegoed in die stoorkamer verwag nie, maar #SpanLeRoux en #SpanScheepers het vinnig saam gespan om hierdie lekkerny in die pot te kry. Dit terwyl almal wag vir hul eie klei-potte om droog te word.

LEES: Dag 9: Daar kap hy (of is dit vat hy?) – Kwarantyn

Vir 1000-punte moes elke familie ook self hul bykosse beplan, iets wat lekker met daai maag, niertjies en glimlaggende skaapkop sal gaan.

Afval 10
Afval 60
Afval 50
Afval 40
Afval 30
Gallery
Afval 10

Die ander wending vanaand was dat almal wat nie hulle afvalaand-poging proe nie, nie mag nagereg kry nie.

In #SpanScheepers het Avril en Pamela gekies vir geen soetgoed nie. By #SpanLeRoux het almal maar hul ogies toegeknyp vir iets soet na die tyd. Vir iemand soos Manie was dit so lekker, hy het sommer die troumars gehoor.

Aan die einde van die aand is albei families weer gelyk, met #SpanScheepers wat 1000 punte gewen het vir hul klei-potte, en #SpanLeRoux 1000 vir hul smullekker afval en Skop.

Gesels saam FacebookInstagram en Twitter en gesels saam deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 sowel as kykNET&kie, kanaal 145 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.